God Is So GoedVoorbeeld

God So Good

DAG 5 VAN 5

Waar Die Gees Van Die Here Is 

Die Apostel Paulus skryf in 2 Korintiërs 3:17

"… waar die gees van die Here is, is daar vryheid." 

Paulus het Jesus nie tydens sy aardse bediening gevolg nie. Inteendeel, hy het sy dae deurgebring om mense wat Jesus gevolg het, te vervolg. Dit was eers jare na Jesus se dood en opstanding dat Paulus op pad na Damaskus 'n bonatuurlike ontmoeting met Jesus gehad het wat sy lewe vir ewig verander het. 

Teen hierdie agtergrond kom die werklike betekenis van die uitdrukking: "waar die Gees van die Here is ... ” na vore, aangesien Paulus 'n lewende voorbeeld was van wat kan gebeur as die Gees van die Here ingryp. 

As die Gees van die Here iemand soos Paulus — wat sy dae deurgebring het om volgelinge van Jesus dood te maak — kon herskep in een van die invloedrykste stemme in die vroeë kerk en ook die skrywer van die grootste gedeelte van die Nuwe Testament, dan is daar werklik niks wat God nie kan doen nie. 

Wanneer jy aan Christus behoort, is jy nie meer skuldig aan die sondes wat jy gepleeg het, of die persoon wat jy eens was, of die name waarmee die wêreld jou geïdentifiseer het nie. As jy Jesus volg, word jy vergewe en die Heilige Gees kom in jou woon. Jy is vry, want waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.

Kry die volledige "God So Good" album vandag! 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God So Good

Daar is krag en vrede tot jou beskikking, ongeag die omstandighede wat jy ondervind. Herontdek die goedheid van God in hierdie 5-dag leesplan van Life.Church Worship, gebaseer op die nuwe album, "God So Good".

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/