Uit die Beek 2019Voorbeeld

Nuutgemaak
“… die openbaring aan ’n man wie se oë geopen is … wat die woorde van God hoor, wat sy kennis ontvang het van die Allerhoogste …” (v. 15-16).
Bileam. Dit is die man wat hier aan die woord kom. Getroue Bybellesers sal verskoon word as hulle maar half teësinnig na dié man luister; hy is immers die een wat sy donkie so geslaan het dat dié luidkeels geprotesteer het (vgl. Num 22:22-35).
Maar donkieslaners is net mense … Wat om verskoning kan vra (vgl. Num 22:34) en wat opnuut deur die Here in diens geneem word (vgl. Num 22:35) en wat dan, soos die Here hulle voorsê, op ’n ander manier begin optree.
Én anders praat as wat hulle gewoond was om te praat. Tot die ontsteltenis van diegene wat daarop staatmaak dat die óú Bileam aan die woord kom. Die ontevrede Balak skel op Bileam: “Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, en jy het hulle nou al drie keer geseën. Maak dat jy wegkom …” (Num 24:10-11).
Só gaan dit maar met mense wat ’n ontmoeting (al was dit ook ’n hartseer konfrontasie) met die Here gehad het: Hulle is nie meer dieselfde mense as voorheen nie. En dikwels betaal hulle ook die prys daarvoor. Dit is nie goedkoop om die Here te gehoorsaam nie. Maar hulle weet dat hul oë nou geopen is, dat hulle daarom anders kyk. Dat hul woorde van God kom, en dat hulle daarom anders praat. En omdat hul kennis van Bo kom, weet hulle hoe om hier onder te lewe.
Ja, Bileam sien nou wat hy nooit kon droom om te sien nie, en vreesloos verkondig hy dit. So gaan dit met mense met wie God aan die werk is.
Ook met my hou U nooit op nie, Here. Soms maak dit my moeg – maar altyd, áltyd bly.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Uit die Beek verskyn uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
More
Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za
Verwante Leesplanne

Die reis van ’n pelgrim deur Ann Goodfellow

Landbouweekblad Hart tot hart

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

Nader aan God met Kersfees deur Trevor Hudson

Blydskap en goeie nuus deur Nina Smit

Hoop vir die lewe

Vrygespreek

100 dae van dankbaarheid

Aan Die Voete Van Die Vader
