Lukas-reeks — Dis Nou TydVoorbeeld

Luke Series  The Time Is Now

DAG 3 VAN 7

Kragdadige Geloof

Jesus waarsku sy dissipels, en ander óm Hom, om nie sosiale byeenkomste te gebruik om hulleself te verhef nie. Hy staan eenkant in die tempel en kyk hoe die rykes hul gawes in die offergawekis "gooi". Ook onder die gewers is 'n arm weduwee wat die twee klein muntstukkies wat sy gehad het, in die offergawekis "plaas". Haar gawe het die Here se aandag getrek en 'n fokuspunt geword om die dissipels 'n belangrike les te leer. Jesus prys haar omdat sy meer as die ander gegee het. 

'n Mens kan jouself afvra: "Hoe kon sy meer as die ander gegee het, as al wat sy in die kis geplaas het, 'n paar sent was?" Jesus se antwoord dui daarop om te gee begin met die ingesteldheid van ons harte. Die offer wat die rykes gegee het, was nie vir hulle 'n offer nie; hulle het uit hulle oorvloed gegee. Let daarop dat hulle hul gawes ingegooi het, miskien as 'n vertoning van hoogmoed vir toeskouers om te sien hoeveel hulle gegee het. Die weduwee, daarenteen, omdat sy arm was, het in haar gebrek alles gegee wat sy gehad het om van te lewe. In nederigheid het sy haar muntstukke ingesit, miskien nie gewaag om te lank rond te staan in die teenwoordigheid van diegene wat soveel gehad het om te gee nie. 

Wanneer 'n persoon die meeste van hulle hulpbronne uitgeput het, is dit moeilik om die laaste van hul finansies aan enige saak beskikbaar te stel, ongeag hoe verdienstelik, want hul persoonlike behoefte is so groot. Die weduwee het haar aardse voorsiener (haar man) verloor en was nou 'n persoon met uiters beperkte middele. Haar gawe het egter getoon dat sy bereid was om aan God te gee en God te vertrou om in haar behoeftes te voorsien. Jesus soek mans en vroue wat hulle oë van tydelike dinge sal wegneem en hulle vertroue in Hom sal stel. 

Oordink

Wanneer laas het jy 'n geloofstap geneem en die vreugde ervaar om in God te glo, sonder om te weet wat die uitkoms sou wees? Vereer jy God bo jou eie behoeftes? 

Bid

Vader God, help my om U te vertrou bo wat ek met my fisieke oë sien. 

Reageer 

Vra vir God om die terreine bloot te stel waar jy sukkel om Hom te vertrou. Vra Hom dan om jou die geleentheid te gee om 'n hernieude geloof aan die dag te lê. 

Here, ek erken U as my Voorsiener. Wat finansies betref, help my om my hart oop te maak om mildelik aan u werk te gee. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Luke Series  The Time Is Now

Is jy gereed om 'n lewensveranderende reis te begin? Wandel saam met Jesus deur Lukas negentien tot vier-en-twintig. Beleef die vestiging van God se Koninkryk op aarde en Jesus se laaste dae op aarde. Vind uit wie Jesus is, waarom Hy aarde toe gekom het, wat sy boodskap was en wat Hy wil hê jy moet doen. Jou ontdekking sal jou familie, vriende en gemeenskap beïnvloed.

More

Ons wil graag die American Bible Society / El Centro Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.americanbible.org/