Waarom Jesus? Voorbeeld
Wat moet ons doen?
Die Nuwe Testament maak dit duidelik dat ons iets moet doen om die geskenk te aanvaar wat God ons wil gee. Dit is ’n geloofsdaad. Johannes skryf, ‘God het die wêreld so liefgehad het dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.’ (Johannes 3:16)
Om te glo, beteken dat ons ’n stap in geloof sal neem, gebaseer op alles wat ons van Jesus weet. Dit is nie blinde geloof nie. Dit is om ons vertroue in ’n Persoon te plaas. In ’n sekere sin is dit soos die stap van geloof wat ’n bruid of bruidegom neem wanneer hulle vir mekaar ‘ja’ sê op hul troudag.
Daar is groot verskille in die wyse waarop mense hierdie stap in geloof neem, maar ek wil een manier aan jou beskryf waarop jy die eerste tree nou dadelik kan neem. Dit kan in drie baie eenvoudige woorde opgesom word:
‘Jammer’
Jy moet God vra om jou te vergewe vir al die dinge wat jy verkeerd gedoen het en wegdraai van alles wat jy weet verkeerd is in jou lewe. Dit is wat die Bybel bedoel met ‘bely jou sonde.’
‘Dankie’
Ons glo dat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het. Jy moet vir Hom dankie sê dat Hy vir jou gesterf het en aan jou die gratis geskenk van vergifnis, vryheid en Sy Gees skenk.
‘Asseblief’
God sal nie ons nie dwing om Hom in ons lewens te aanvaar nie. Jy moet Sy geskenk aanvaar en Hom nooi om in jou te kom leef deur Sy Gees.
As jy graag ’n verhouding met God wil hê en jy is gereed om hierdie drie dinge te sê, dan is daar ’n baie eenvoudige gebed wat jy kan bid, wat die begin van ’n nuwe verhouding is:
Jesus Christus, ek is jammer oor al die dinge wat ek in my lewe verkeerd gedoen het (neem ’n paar oomblikke om Sy vergifnis te vra vir enigiets spesifiek wat op jou gewete rus). Vergewe my asseblief. Ek draai nou weg van alles wat ek weet verkeerd is. Dankie dat U aan die kruis vir my gesterf het sodat ek vergewe is en vry kan wees. Dankie dat U vir my die geskenk van vergifnis en die geskenk van U Gees gee. Ek ontvang nou U geskenk. Ek nooi U in my lewe deur U Heilige Gees om vir altyd by my te wees. Dankie, Here Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Baie mense is vandag nog gefassineer deur Jesus. Waarom is daar soveel belangstelling in iemand wat 2 000 jaar gelede geleef het? Waarom sou mens die moeite doen om uit te vind? In hierdie vyfdag-leesplan, aangepas uit Nicky Gumbel se boek, Why Jesus, sal jy antwoorde kry oor Jesus se identiteit, waarom hy aarde toe gekom het om te sterf en waarom ons hom so desperaat nodig het.
More
Ons wil graag Alpha bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://alpha.org/