Beloftes vir u Alledaagse LeweVoorbeeld
Begin jou drome waarmaak
“Wanneer ‘n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie, verloor hulle koers. As hulle leef volgens Sy wet, is hulle gelukkig.” Spreuke 29:18 NLV
Wat is die droom wat God in jou hart geplaas het?
Ek vra nie of jy ‘n droom het nie – ek weet dit is reeds daar, want God gee aan elkeen van ons drome.
Ek het al gesien wat mense aan hul drome doen. Party begrawe dit baie diep in hul harte om hulself te beskerm teen die kritiek van ander. Party sit hul drome baie ver buite sig net sodat hulle nie meer daaraan hoef te dink nie. En sommige mense gee net finaal op op hul drome, omdat dit te seer maak om verder aan te hou hoop.
Hier is twee goed wat ek wil hê jy moet onthou, as dit weer nodig is om jou drome aan te skakel. Eerstens: kry ‘n duidelike visie. En tweedens: jy moet dit te alle tye voor oë hou.
Maar net omdat jy ‘n visie het, beteken dit nie dit gaan onmiddelik verskyn nie. God is net so geïnteresseerd in die proses van ‘n visie, soos wat Hy in die eindresultaat is.
Die apostel Paulus het in Filippense 4:11-13 gesê dat hy al geleer het hoe om tevrede te wees tot op die punt waar hy nie omgekrap was oor die plek waarin hy was nie. Met ander woorde, hy het homself nooit toegelaat om ongelukkig te raak oor waar hy homself op 'n spesifieke oomblik bevind het nie, hy het altyd uitgesien na die plek waarheen hy op pad was.
Dit beteken dat jy, nes Paulus, ook ‘n balans moet vind tussen tevredenheid en ambisie. Hier is die sleutel: leer om die plek waar jy is te geniet terwyl jy op pad is na jou eindbestemming.
As jy ‘n droom of ‘n visie het, moet jy dit voor oë hou. As dit jou help, skryf dit neer. En onthou, God wil jou help om jou droom wat Hy vir jou gegee het uit te leef. Stap-vir-stap en dag-vir-dag.
Gebed:
Jesus, al voel ek nie altyd so nie en die lewe druk my om moed op te gee, glo ek dat U ‘n wonderlike plan vir my lewe het. Ek kies om te vertrou dat U my sal help om die droom uit te leef wat U my gegee het, meer as wat ek vertrou in my omstandighede.
Aangaande hierdie leesplan
Begin u dag met 'n praktiese Bybelonderrig van Joyce Meyer. Hierdie daaglikse toewyding sal jou hoop gee, help om jou gedagtes te verfris en te ontdek dat jy elke dag met doel en passie kan leef!
More
Ons wil graag Joyce Meyer Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tv.joycemeyer.org/afrikaans/