Jy HET ‘n Gebed!Voorbeeld

Jy HET ‘n Gebed!

DAG 6 VAN 6

“Ses Sleutels tot Gesonde en Gebalanseerde Gebed — Deel Twee”

4. Vertel God jou persoonlike behoeftes en begeertes, en vra Hom om daarin te voorsien. “Gee ons vandag ons daaglikse brood…”

God se liefde vir jou is diep, eindeloos en onvoorwaardelik, en dit word dikwels in die Bybel vergelyk met ‘n liefdevolle vader se omgee vir sy kind. Hy wil graag hoor van sy kind (dit is jy); Hy wil graag van jou lewe, jou behoeftes en begeertes hoor, en Hy wil graag hê dat jy na Hom toe sal kom met daardie behoeftes. Sy liefde vir jou dryf Hom om jou te seën met meer as wat jy ooit voor kan hoop.

5. Vra God om jou sonde vir jou te vergewe,   terwyl jy bewus bly van jou behoefte om ander te vergewe wat teenoor jou oortree het. “Vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.”

Om God te vra om ons sonde vir ons te vergewe begin heel eerste om daardie sonde teenoor onsself te erken, en om dit dan teenoor God te bely.

“Maar as ons ons sondes bely — Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” 1 Johannes 1:9

Jy kan daarvan verseker wees dat God jou vergewe en gereinig het van jou sonde. Met daardie vergifnis is daar ook vryheid van skuldgevoel, skaamte en veroordeling.

Maar God vra ook dat ons, net soos wat Hy ons vergewe het, ander sal vergewe wat dalk teenoor ons oortree het. Net soos wat die vergifnis wat ons van God ontvang vir ons vryheid bring, net so moet die vergifnis wat ons vir ander gee, ook vryheid   bring van bitterheid en wrokke; en dit moet ons ook vrymaak van pyn van die verlede wat aanhou om ons seer te maak.

Vergifnis, beide om dit te ontvang en te gee, vorm die fondament waarop ‘n lewe van vryheid in Christus geleef word.

6. Bid vir God se leiding wat jou sal help om versoekings en situasies te vermy wat nie goed op Hom reflekteer nie. “…en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.”

God het ons ons sonde vergewe en ons van alle ongeregtigheid gereinig soos Hy belowe in 1 Johannes 1:9, maar ons sal steeds versoekings ondervind, terwyl ons in hierdie gevalle wêreld lewe. Hierdie deel van die Ons Vader Gebed beklemtoon die belangrikheid daarvan dat ons nie maar net rustig raak en dit as vanselfsprekend aanneem dat God ons   vergewe sonder dat ons bewus bly van die belangrikheid om sonde in die toekoms te vermy nie. Terwyl God die geestelike straf van sonde wegneem deur ons te vergewe, neem Hy nie noodwendig die skadelike gevolge van sonde weg nie. Daarom, vir hierdie rede, is dit belangrik om te bly bid vir God se hulp om versoekings te kan vermy.

Begin om, op ‘n daaglikse basis, en soos wat jy ook al kan, vreugdevolle tyd vir God te gee in gebed. God het nie ‘n spesifieke hoeveelheid tyd waaraan jy elke dag moet voldoen nie. Hierby sal dit met tye uitdagend wees om waaksaam te bly en om “dit nie af te stel nie”. Moet nie ontmoedig word nie; weet dat jy ‘n geseënde van God sal wees as jy jou tyd aan Hom wy in gebed!

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jy HET ‘n Gebed!

Ontdek die beginsels wat nodig is om ‘n kragtige en effektiewe gebedslewe te bou. Gebed – om met God op ‘n persoonlike vlak te kommunikeer – is die sleutel wat dit moontlik maak om positiewe verandering in ons lewens en omgewings te sien. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose” geskryf deur David J. Swandt.

More

Ons wil graag Twenty20 Faith, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3