Onthou Alles Wat God Gedoen HetVoorbeeld
As jy Christus as jou persoonlike Verlosser aanvaar het, is jy nou 'n nuwe mens. "Die ou mens is weg en die nuwe een is hier!" Die afgelope week het jy na jou verlede gekyk om te onthou van God se krag, sy genade, dit wat God gebruik het om jou as mens te laat groei, en die grootste offer wat Christus vir ons gemaak het. Vandag fokus ons op die woorde wat ons in 2 Korintiërs 5:11-21 vind; die verlossende krag van God se vergifnis. Daar is niks meer kragtig, geloofwaardig, opofferend en lewensveranderend as God se vergifnis deur sy Seun ,Jesus Christus nie. Onthou vandag hoe jou lewe verander het as gevolg van God se vergifnis. Vergeet geheel en al van jou ou lewe en onthou eerder die dag toe jou lewe vir altyd verander het. Loof God en dank Hom vir nuwe lewe in Christus.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dit is vir ons 'n natuurlike neiging om na die toekoms te kyk, maar ons moet nooit van die verlede vergeet nie. Hierdie plan is geskep om jou oor 'n periode van vyf dae te herinner aan alles wat God gedoen het om jou die persoon te maak wie jy vandag is. Elke dag sal jy 'n Bybelgedeelte en 'n kort oordenking kry om die sleutelgebeurtenisse op jou reis met Christus te help onthou. Vir meer inhoud, gaan kyk by finds.life.church
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church