Betree jou DoelVoorbeeld

Step into Purpose

DAG 2 VAN 5

Doel in die Wagperiode 

Ons leef in 'n mikrogolf-geslag. Alles moet binne 'n kits gebeur. Ons kan nie wag nie en resultate moet onmiddellik beskikbaar wees. Dieselfde kan gebeur met hoe ons soms ons doel sien.

Ons kan glo dat God ons tot iets geroep het — om duisende in aanbidding te lei, om 'n florerende onderneming te hê en 'n 6-syfer salaris te verdien, om die liefde van ons lewens te vind en te trou, om deur die wêreld te reis en die evangelie te verkondig ... die lys gaan aan. Daar is niks verkeerd om te glo dat hierdie dinge sal gebeur nie. Dit verg egter dikwels tyd en 'n wagperiode om by daardie plek uit te kom!

Daar word beraam dat Dawid net sowat 15 jaar oud was toe hy deur Samuel gesalf is om die koning van Israel te word, maar Dawid het nie hierdie posisie ingeneem voordat hy 30 jaar oud was nie (2 Samuel 5:4)! In daardie jare van wag het God vir Dawid voorberei om koning te word. Dit was in die wildernis waar Dawid van die waardevolste lesse van sy lewe geleer het. Daar waar hy net op God kon staatmaak. 

Om die Psalms te bestudeer gee ons 'n insig in die hartseer wat Dawid deurgemaak het, die trane wat hy gestort het, maar ook hoe hy van God se getrouheid geleer het, van sy groot liefde en hoe Dawid sy krag en toevlug by Hom kon vind. Lees Psalm 25. Om deur hierdie tye te gaan, het Dawid gevorm tot die groot en godvresende man wat God aangestel het om koning van Israel te word. 

Net soos Dawid ondervind het, is dit in die wagperiode waar dinge dalk nie maklik is nie, maar dit is 'n tydperk waar God ons voorberei vir alles wat voorlê terwyl ons tree in wat Hy vir ons wil gee! Wees verseker dat God saam met jou gaan terwyl jy in die groot dinge tree wat Hy vir jou in die vooruitsig stel. 


Geskryf deur Joshua Sijl

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Step into Purpose

Wat is my doel? Wat is ek veronderstel om met my lewe te doen? Wat is God se plan vir my? Dit is alles vrae wat baie van ons op een of ander stadium in ons lewens vra. Ons poog om sommige van hierdie vrae te beantwoord terwyl ons uitvind wat dit is om in jou doel in te tree. Sluit by 'n paar van ons C3 Kollegestudente aan terwyl hulle op hierdie onderwerp lig werp.

More

Baie dankie aan C3 Church Sydney Pty Ltd wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.c3college.com/