Perfek soos jy nou isVoorbeeld
Wat gee jou selfvertroue?
Het jy al ooit regtig nagedink oor wat vir jou selfvertroue géé?
Wanneer jy weet wat vir jou selfvertroue gee, kan jy besluit wat vir jou selfvertroue behóórt te gee. Ons selfvertroue word gewoonlik deur eksterne faktore beïnvloed: hoe ons lyk, hoe ander mense ons behandel, die komplimente wat ons ontvang, die fisieke doelwitte wat ons bereik …
Wanneer ons ’n punt in ons lewe kan bereik waar ons selfvertroue binne-in ons ontstaan, sal ons lewe radikaal verander. Ons sal nie van ander mense afhanklik wees om goed te voel oor onsself nie. Ons sal in staat wees om innerlik selfvertroue te vind.
Om te weet en te aanvaar hoe lief God ons het, wat Jesus vir ons gedoen het en doelgerig volgens sy wil te leef, is die heel beste manier om jou selfvertroue te bou.
DINK ’N BIETJIE: Wat dink jy gee jou selfvertroue ’n hupstoot?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Rolene Strauss, voormalige Mej. SA en Mej. Wêreld, wil jóú help om te leer “nee” sê ... “Nee” vir almal wat sê jy is nie goed genoeg of mooi genoeg nie, “Nee” vir jouself wanneer jy jou vergelyk met ander en te krities is oor jouself. Gee jou selfvertroue ’n hupstoot in 14 dae saam met Rolene. Hierdie plan is saamgestel uit Rolene Strauss se dagboek VANUIT DIE HART.
More
Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy en Rolene Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. www.cumbooks.co.za/