Ervaar God se VernuwingVoorbeeld
1 Korintiërs 6:19-20 gee vir ons 'n vriendelike herinnering aan die belangrikheid daarvan om nie net die binnekant te hernu nie, maar ook wat aan die buitekant is. Dink vir 'n oomblik daaroor. Ons liggame is tempels van die Heilige Gees en moet as sodanig behandel word. Wil jy jou kerkgebou verwaarloos of afgeleef laat lyk? Natuurlik nie! As daar herstelwerk vir jou kerk nodig sou wees, sou jy jou kerk opknap, sodat dit as 'n helder baken van Christus se liefde in jou gemeenskap staan. Moet ons dus nie ons liggame op dieselfde manier behandel en hulle voortdurend vernuwe, sodat hulle God se doel vir ons lewens kan uitvoer nie? Op watter maniere moet jy jou liggaam vernuwe? Vernuwing kan vir almal anders lyk. Vir sommige is dit dalk die behoefte aan 'n bietjie meer oefening of 'n beter dieet. Dit kan die behoefte aan liggaamlike genesing wees. Vir ander kan dit wees om God toe te laat om jou van 'n vorige seksuele sonde te vernuwe. Vind uit waar jy vernuwing nodig het vir jou liggaam en laat toe dat God sy genesing in jou lewe bewerkstellig.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Om 'n nuwe skepping in Christus te wees, beteken dat ons voortdurend deur Hom hernu word. God hernu ons harte, verstand en liggaam. Hy hernu selfs ons doel. Gedurende hierdie 5-dag leesplan gaan jy dieper delf in wat die Woord van God oor hernuwing sê. Elke dag kry jy 'n Skrifgedeelte en 'n kort oordenking wat jou sal help om te besin oor die verskillende maniere waarop ons God se vernuwing ervaar. Vir meer inhoud, besoek finds.life.church
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church