Is kerk belangrik?Voorbeeld
Wat is Beter: 'n Eensame Wolf of 'n Gesin?
Dankie tog jy is terug! My grappies oor wolwe plaas my nie altyd aan die hoof van die trop nie. O, ek het dit weer gedoen! Want, wolftroppe ... ? Ha!
Jammer. Ek sal weer op dreef kom.
Het jy al ooit van 'n eensame wolf gehoor? Jy weet, die wolf wat van die trop af wegdwaal? Dit is altyd beter vir 'n wolf om by sy familie, sy trop, te bly. Dit is baie soos ons. Ons is nie bedoel om die lewe alleen te leef nie. Ons is bedoel om deel te wees van 'n familie — die familie van God. Sy kerk. Maar kyk hierdie video. Dit verduidelik dit baie beter as wat ek kan!
Sjoe! Toe sy besef sy is alleen, het sy dadelik haar familie gaan soek!
Wat van jou? Is jy deel van jou kerkgemeenskap? Is daar ander mense wat Jesus vertrou en volg by wie jy kan aansluit? Is jy deel van 'n familie, of voel jy meer soos 'n eensame wolf? As jy hierin alleen is, praat dan vandag met iemand daaroor. Jy is nie geskape om deur hierdie lewe, waar jy Jesus volg, alleen te loop nie!
Ons gaan vandag weer ons Skrifgedeelte uit 1 Korintiërs 12 lees. Maak hierdie keer seker dat jy dit stadig lees. Lees dit 'n paar keer deur. Probeer jou indink hoe jou plek in die liggaam van Christus lyk. Hoe sal jy 'n verskil maak wanneer jy in die familie van God verskyn? Hoe sal die familie van God deur jou lewe daar wees vir jou? Wanneer jy gelukkig is? Wanneer jy vrae het? Wanneer jy bang is? Wanneer jy 'n gebroke hart het? Bly by die familie van God. Saam is ons beter.
Môre kyk ons na die toekoms. Ek maak nie 'n grap nie! Ons toekomsvisie vorentoe.
Aangaande hierdie leesplan
Hoekom gaan ons kerk toe? Wat is die kerk? Maak die kerk saak? Moet ek by my kerk dien? Wat is die toekoms van die kerk? Jy word groot, en jy het vrae oor jou geloof. Hierdie vyf-dag leesplan sal jou help om te stoei met van die vrae wat jy oor kerk kan vra.
More