God Se Beloftes Uit EfesiërsVoorbeeld

God Se Beloftes Uit Efesiërs

DAG 4 VAN 6

GOD BLY NOG ALTYD IN BEHEER    

Eerstens: God is al vir eeue in beheer van wat gebeur. Hy is in beheer van sy koninkryk, Hy is in beheer van ons lewens hier op aarde, Hy is in beheer van die toekoms. 

Tweedens: Daarom moet ons sy grootheid prys. Ons prys Hom baie keer net wanneer dit goed gaan, wanneer alles uitgewerk het vir ons. In hierdie gedeelte sê Paulus dat ons God moet prys omdat ons sy kind is, omdat Jesus vir ons gesterf het en omdat ons sondes vergewe is. 

Hemelse Vader, baie dankie vir u wysheid, u raadsbesluit, maar baie dankie ook dat ons U kan prys. Here, net om u kind te wees is meer as genoeg rede om u Naam groot te maak. Amen. 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God Se Beloftes Uit Efesiërs

Daar is soveel skrifte wat ons leer dat ons in die Woord moet bly en dat die Woord die kern van ons geestelike groei en ons groei in verhouding met Jesus is. Ek glo die dagstukkies oor God se beloftes kan jou ook help om te hoor hoe God met jou praat en jou ontmoet waar jy is.

More

Ons bedank Andries Enslin en Carpe Diem Media vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lewensentrum.org.za