SeksVoorbeeld
Is 'n Wonderlike Huwelik Moontlik Sonder Gesonde Seks?
Is 'n wonderlike huwelik moontlik sonder gesonde seks? Dit is 'n vraag wat ons nooit gedink het ons sal moet beantwoord nie. Ek en my vrou is jonk getroud en het gedink dat ons sekslewe moeiteloos en lekker sou wees. Ons was goeie mense in 'n goeie huwelik, waarom sou dit dus nie gesonde seks insluit nie?
My vrou was binne die eerste jaar swanger. Sy het tydens omgang 'n steekpyn begin ervaar. Ons het aangeneem dat dit 'n komplikasie van die swangerskap was. Die swangerskap het verbygegaan, maar die pyn het gebly.
Die pyn het vier jaar lank geduur. Selfs nadat dit bedaar het, was daar emosionele letsels. Ons het soms, waarna ek in ongevoeligheid “regte seks” genoem het, gehad, maar dit was nie aangenaam nie. Sy was te verstane bang dat die pyn sou terugkom. Ek het gevoel dat ons emosioneel 'n miljoen kilometer van mekaar verwyderd was.
Dit was eers toe ek geleer het om my vrou liewer as seks te hê, dat ons verhouding begin genees het. As ons mekaar liefhet soos vir Jesus, is ons huwelik onbreekbaar.
Hier is 'n paar wenke vir 'n onbreekbare huwelik:
1. Hou die kommunikasielyn oop. Albei huweliksmaats moet veilig genoeg voel om oor hul begeertes en vrese te praat. Luister aandagtig na jou maat en plaas sy/haar behoeftes bo jou eie. As julle albei dit doen, is aanvaarbare kompromieë binne bereik.
2. Moenie handdoek ingooi nie. Net omdat daar nie aan jou verwagtinge voldoen word nie, gee dit jou nie die verskoning om jou huwelik te beëindig nie. Ons geloftes bevat die frase “in goeie en slegte tye, in siekte en gesondheid.” Hierdie gelofte is steeds net so geldig soos die dag waarop ons dit die eerste keer gesê het.
3. Moenie oor die draad loer nie. Sodra jy begin voel dat jou sekslewe hopeloos is, is dit aanloklik om buite jou huwelik vir vervulling te soek. As jy sukkel met pornografie, kry hulp. Moet ook nie jou stryd met lede van die teenoorgestelde geslag deel nie. Jy mag dalk 'n simpatieke persoon vol begrip vind, maar daardie verhouding kan jou huwelik ondermyn.
4. Soek hulp. Om saam julle ervarings as 'n paartjie te deel met iemand wat kan help, is uiters belangrik. Ons het so lank gesukkel omdat ons te bang was om met iemand te praat. Soek 'n berader of 'n terapeut. As die probleem fisiek is, moet jy dit met jou dokter bespreek.
Hoe moeilik jou situasie ook al is, belowe ek jou dat dit beter kan wees as vandag. Selfs al is seks — soos jý dit sien — nooit weer moontlik nie, ís daar maniere om vervulling en blywende intimiteit te vind. God het die bonatuurlike vermoë om alle dinge nuut te maak en dit sluit jou sekslewe in.
—Michael
Aangaande hierdie leesplan
Seks. Daar steek meer in as: "Wag totdat jy getroud is!" Wat gebeur sodra jy getroud is? Watter vryhede het jy? Sê nou jy is getroud en seks werk nie? Wat sê die Bybel en wat sê dit nie daaroor nie? Vir antwoorde op hierdie vrae en meer, begin met hierdie leesplan van finds.life.church.
More