Sleutels Vir Kinders Oordenking: Tel Jou SeëningeVoorbeeld
DIE LOFPRYSINGSDAG
"Waaroor gaan die lawaai?" Ma het uit haar kantoor gekom en in die ingang van die sitkamer gaan staan. "Julle twee het die hele dag niks anders gedoen as om te baklei en te kla nie."
Christian en Bria gluur stil na mekaar.
"Loof die Here!" skree Ma skielik. Christian en Bria skrik van verbasing. Ma glimlag terwyl die kinders nuuskierig na haar kyk. "Julle het luidkeels geskree en gekla, dus het ek gedink dat ek die Here in net so 'n harde stem sal prys." Sy sê weer kliphard. "Ek is dankbaar vir die reën, is julle nie? Dit was die afgelope tyd so droog gewees!"
"Maar Ma, as dit reën, is daar niks om te doen nie," sê Christian.
"Ek het 'n idee." Ma gaan na haar kantoor en kom terug met papier en potlode. "Waarom maak julle nie vir ons 'n lys van al die wonderlike dinge wat God vir ons doen sodat ons Hom kan prys nie? Dan hou ons 'n dag van lofprysing in plaas van 'n dag van kla. Ek het nou werk om af te handel, maar julle kan vanaand voor aandete die lys vir my wys."
Christian sug toe hulle ma teruggaan na haar kantoor en die deur toemaak. 'n Rukkie later skryf hy: "God het my gehelp om my huiswerk klaar te kry."
Bria neem 'n vel papier en skryf: "God voorsien ons elke dag van kos."
Nadat hy 'n rukkie gewerk het, sê Christian: "Haai, kom ons plak die bladsye aanmekaar vas om een lang vel te maak. Kom ons kyk hoe lank ons die lys kan maak." Die lys het nog steeds gegroei teen die tyd dat Pa by die huis aangekom het.
"Hoe was jou dag?" vra Ma terwyl sy 'n hoenderpastei uit die oond haal.
"Moeilik," het hy gesê. "Eers het ek natgereën, en toe ... "
"Loof die Here!" skree Christian. Pa lyk geskok, en Christian glimlag. "Ma het gesê dit moet 'n dag van lofprysing wees."
"Komaan, Pa," sê Bria. "Prys die Here vir iets. Ons sal dit byvoeg op ons lys."
"Wel, ek prys die Here dat Hy jou ma geskape het," sê Pa met 'n glimlag. "Ek is lief vir haar, en sy leer ons om ons seëninge te tel ... en seën ons met lekker kos vir aandete!"
Ma glimlag. "Ek prys die Here vir die beste ding van almal ... deur aan die kruis te sterf vir ons sondes!"
— Carol A. DeCesare
WAT VAN JOU?
Kla jy as dinge nie verloop soos jy dit wil hê nie? Soms bevind jy jouself in moeilike omstandighede waaroor jy met iemand moet gesels, maar daar is 'n verskil tussen die deel van moeilike omstandighede en om te kla oor alles waarvan jy nie hou nie. In plaas daarvan om te kla, soek die goeie dinge waarmee God jou geseën het en die mense wat Hy in jou lewe geplaas het ... en die belangrikste van alles: dat Hy jou die ewige lewe deur Jesus gee!
SLEUTELVERS
"Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God 'n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely" (Hebreërs 13:15).
VANDAG SE SLEUTEL
Prys God eerder as om te kla.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Bedank en prys jy God vir alles wat Hy jou gegee het? Of is jy te besig om jou te bekommer of te kla oor dinge waarvan jy nie hou nie? Hierdie 7-dag leesplan gebruik die Skrif en verhale om kinders aan te moedig om op God se seëninge te konsentreer en murmureringe in dankbaarheid te verander.
More