Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo

DAG 4 VAN 28

Matteus 6:16-18  “As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.”


Oorweeg dit om te vas gedurede hierdie tyd van toewyding. Daar is verskillende maniere van vas, maar jy kan kies watter soort vas jy wil volg, en ook soos jy oortuig voel in jou hart.

Vas is nie: ‘n diëet wat ek volg nie; is nie ‘n straf nie; is nie om God om te koop om iets vir my te doen nie. Wanneer ons vas: bring dit prioriteit (Matteus 6:16-21); bring dit fokus (Jesaja 58:3); en bring dit eenheid (Psalm 37:4).


A diet changes the way you look – but fasting changes the way you see. (Lisa Bevere)


Het jy al ooit voorheen gevas? Hoe het jy gevas? Hoekom het jy gevas?

Bid oor die moontlikheid van vas – hoe voel jy word jy deur God gelei?

Bid dat ons elkeen God se perspektief sal kry in hierdie tyd van vas en gebed.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ten volle toegewyd. 4-weke leesplan deur Doxa Deo

Toewyding aan die Here begin met die verstaan dat ons God heelhartig moet liefhê: met ons hele hart, siel, verstand en krag. Hoe lyk dit in my daaglikse lewe? Maak tyd en kry 'n stil plek - en kom saam met ons op hierdie toewydingsreis.

More

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org