Wortel Voor Jou NeusVoorbeeld

Chasing Carrots

DAG 2 VAN 7

Om Roem Na te Jaag

Die Griekse woord vir roem — phēmē, uitgespreek as fiemie — word slegs twee maal in die Nuwe Testament gebruik. Dit word dikwels gedefinieer as spraak, beriggewing of nuus. Dis hoe phēmē in Lukas 4:14 (NLV) gebruik is: 

"Hierna het Jesus, gevul met die krag van die Heilige Gees, na Galilea teruggegaan. Hy het deur die hele omgewing bekend geword."

Waarvandaan het Jesus teruggekom dat bekendheid oor Hom deur die hele omgewing versprei het? Kom ons plaas dit in konteks. Ons lees in Lukas 1 dat Jesus se geboorte aangekondig word. In Lukas 2 is Hy gebore en word groot. In Lukas 3 is Hy gedoop. Uiteindelik, in die eerste klompie verse van Lukas 4, het Jesus gevas en is Hy in die woestyn deur die duiwel versoek. Dit bring ons weer terug na Lukas 4:14: 

"Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei."

In vandag se oordenking sal jy die hele verhaal van Jesus se beproewing in die woestyn lees. Jesus het vir 40 dae in die woestyn gevas en daar het die duiwel self vir Jesus versoek met die verkeerde soort voedsel (Lukas 4:3-4), roem (Lukas 4:5-8), en geloof. (Lukas 4:9-12) Elke keer het Jesus die versoeking weerstaan en uit die Woord van God gereageer.

Die soort roem in Lukas 4:14 is nie altyd die soort wat ons najaag nie, is dit? Ons neig om dié soort na te jaag wat die duiwel vir Jesus in die woestyn aangebied het. Voorsiening sonder tevredenheid (Lukas 4:3-4), glorie sonder opoffering (Lukas 4:5-8), en verlossing sonder oorgawe (Lukas 4:9-12). 

Dink oor erkenning by die werk, sosiale media se "hou van" en komplimente van ander. Vir 'n oomblik voel dit goed en dan smag jy onmiddellik na meer. Om eerlik te wees, ons almal het sekerlik al tye ervaar wanneer ons raakgesien wou wees of bekendheid oor iets wou werf. Net so bied die duiwel vir Jesus rykdom, invloed en mag aan. Jesus is versoek net soos ons, maar Hy het nie voor die versoeking geswig nie. 

Ons sal ook lees van die duiwel se finale poging om Jesus te versoek, waar hy Hom vra om van 'n gebou af te spring sodat God Hom sal moet vang. Het jy al ooit probeer om 'n gebed te bid waarin jy vir God probeer dwing om dinge op jou manier en op jou tyd te doen? Dit toon nie baie respek teenoor Hom nie — daarom het Jesus die duiwel geantwoord deur te sê dat Hy nie vir God so mag toets nie. 

Daar is 'n nuut-saamgestelde taal wat PIE — Proto-Indo-Europees genoem word — die ongeskrewe voorvader van Grieks. Die PIE stamwoord phēmē, is -bha, wat beteken "om te skyn" en "om te praat". Kom ons gaan egter terug na ons oorsprong. Ons is nie gemaak om die Lig te wees nie — dit is Jesus — maar ons is geroep om sy lig uit te straal. Ons is nie die Woord nie — die evangelie van Johannes sê dit is ook Jesus — maar ons is geroep om sy woord in die wêreld te verkondig.

Om roem na te jaag is om iets te soek wat aan God behoort in plaas daarvan om na God self te soek. Dit is die oudste versoeking op aarde. Moenie geflous word nie. Volgende keer, wanneer jy voor die versoeking van roem te staan kom, doen wat Jesus gedoen het. Skyn God se lig deur sy woorde te spreek. En wanneer jy dit doen, sal Lukas 4:14 gebeur. Sy roem word versprei.

Gebed: Here, hoe weerhou my pogings om gewild te wees, my om u lig te laat skyn? Ek wil U volg met alles in my. Amen. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Chasing Carrots

Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/