KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy KellerVoorbeeld
"Om die Onmoontlike Moontlik Te Maak"
In hierdie ontmoeting sê Jesus dat daar iets radikaal met ons almal verkeerd is — geld het egter die vermoë om ons daarvoor te verblind. In werklikheid het dit soveel krag om ons te mislei oor ons ware geestelike toestand, dat dit 'n genadige, wonderbare tussenkoms van God sal verg voor ons dit kan raaksien. Dit is onmoontlik sonder God of 'n wonderwerk. Of sonder genade.
Stel jouself voor hoe Jesus aan hierdie jongman raad gegee het. Alhoewel hierdie jongman op die oog af agtermekaar gelyk het, het hy raad nodig gehad. Hy was ryk, jonk en heel waarskynlik aantreklik. Tog was alles nie pluis nie. As alles agtermekaar was, sou hy nie na Jesus toe gekom het met dié vraag nie: "Meneer, watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"
Enige toegewyde Jood sou die antwoord op hierdie vraag geken het. Die rabbi's het gereeld die vraag in hulle geskrifte en onderrig bespreek. Hulle het ook altyd dieselfde antwoord gehad; hulle denkrigtings het nie oor die saak verskil nie. Die antwoord was: "Gehoorsaam God se wette en vermy alle sonde." Die jongman sou die antwoord geken het. Hoekom het hy dit dan vir Jesus gevra?
Jesus antwoord: "Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie." Die jongman antwoord: "Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Wat kom ek nog kort?" (Matteus 19:20).
Natuurlik het daar iets kortgekom. Enigiemand wat staatmaak op alles wat hulle doen om die ewige lewe te verkry, sal agterkom dat daar 'n leegheid, onsekerheid en twyfel in hulle lewe is. Iets kom nog kort. Hoe kan iemand ooit weet of hy goed genoeg is?
Hoe kan jy 'n suksesvolle beroep najaag en nie in die strik val wat rykdom vir jou stel nie? Op watter maniere het die evangelie — of kan die evangelie — jou houding teenoor geld verander?
Uittreksel uit "JESUS THE KING" deur Timothy Keller
Herdruk in samewerking met Riverhead Books, 'n lid van die Penguin Groep (VSA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2011 deur Timothy Keller
En van "JESUS THE KING STUDY GUIDE" deur Timothy Keller en Spence Shelton, Kopiereg (c) 2015 deur Zondervan, 'n afdeling van HarperCollins Christelike Uitgewers.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van nader te bekyk, bring hy nuwe insigte oor die verhouding tussen ons lewens en die lewe van die Seun van God. "JESUS THE KING" is nou in boekvorm en studiegids vir kleingroepe beskikbaar en is in boekwinkels te koop.
More
Boekuittreksels van Riverhead Books, 'n lid van Penguin Random House, Studiegids deur HarperCollins Christian Publishers. Besoek http://www.penguin.com/book/jesus-the-king-by-timothy-keller/9781594486661 of http://www.zondervan.com/jesus-the-king-study-guide vir meer inligting.