Onwrikbare Vertroue Deur Joyce MeyerVoorbeeld
![Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14027%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
As God goed is, hoekom moet ons lyding verduur?
Lyding is een van die moeilikste onderwerpe om oor onderrig te gee, daarom benader ek dit met baie gebed. Ek wil ook begin deur te sê dat ek geensins dink ek het al die antwoorde nie, maar ek kan nie oordenkings oor vertroue in God skryf as ek nie hierdie onderwerp bespreek nie, want een van die vrae wat ek herhaaldelik hoor, is: “As God goed is, hoekom moet mense dan ly?”
As Christene bevraagteken ons dalk nie hoekom ongelowiges ly nie – as iemand nie in God glo nie, kan ons dalk nog hul lyding verstaan. Ons vraag is egter: “Hoekom ly Christene?” Ons word geleer om te glo God het ons lief en dat dit sy wil is dat ons ’n rustige en vreugdevolle lewe moet lei. Dit is so, maar Hy leer ons ook dat ons vrede en vreugde kan ervaar te midde van lyding.
Vrae soos die onderstaande word dikwels gevra:
• Veroorsaak God dat mense lyding moet verduur?
• As God oppermagtig is, hoekom maak hy nie ’n einde aan lyding nie?
• Hoekom laat Hy toe dat hongerte, mishandeling, siektes en duisende ander soorte lyding gebeur?
• Hoekom moet kinders soms die lyding van kanker verduur?
• Hoekom sterf goeie mense partykeer so jonk?
• Hoekom het ek my werk en al my aftreegeld verloor?
“Hoekom?” kan ’n mens tot op die rand van waansin dryf. As ek daardie vrae moes beantwoord, sou ek begin het deur eenvoudig te sê: “Ek weet nie.” Maar ek weet God is goed, dus kies ek om daarop te fokus eerder as op dit wat ek nie ten volle verstaan nie. Ek glo ’n sterk bevestiging van God se goedheid stel ons in staat om ons eie en ander se lyding te kan hanteer sonder om in verwardheid te verval.
Ek glo nie God hou ons altyd in die duister oor waarom dinge gebeur of nie gebeur nie, maar daar is vir seker baie dinge wat verborge is in God se ondeurgrondelike wysheid – dinge wat nooit uitgevind kan word nie en wat vir ons ’n geheimenis sal bly totdat ons hemel toe gaan.
Ons leef die lewe vorentoe, maar ons verstaan dit dikwels eers deur terug te kyk. Daar het baie pynlike dinge met my gebeur wat ek nie verstaan het terwyl dit gebeur het nie, maar as ek vandag terugkyk, sien ek dinge anders as voorheen. Ek sien die goeie wat voortgespruit het uit die pyn wat ek verduur het, dalk omdat ek geestelik gegroei het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F14027%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Om God te vertrou is een van die wonderlikste maniere om eer aan Hom te betoon. Vertroue is nie ’n verpligting wat ons aan God verskuldig is nie; dit is ’n voorreg wat Hy tot ons beskikking stel. Elke dag van hierdie 5-dag-leesplan bevat gedagtes oor vertroue in God en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Joyce Meyer se “Onwrikbare vertroue”.
More
Ons wil graag Struik Christian Media en Joyce Meyer bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/onwrikbare-vertroue-sagteband