Die Bediening van UitnemendheidVoorbeeld
Middelmatigheid: Liefde wat Faal
In antwoord op die vraag wat die grootste gebod is, het Jesus geantwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê ... en ... jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Matteus 22:37-38). Dit het duidelik geblyk in gister se Skrifgedeelte dat uitnemende werk een manier is waarop ons God se karakter kan openbaar en op so ʼn wyse uitvoering gee aan Jesus se opdrag om lief te hê. Vandag se Skrifgedeelte sal dit duidelik maak dat uitnemendheid ook noodsaaklik is om die tweede gebod te onderhou.
As Christene kan ons nie middelmatige werk doen en aanspraak daarop maak dat ons ons naaste so liefhet soos onsself nie. Dink aan ʼn Christen dokter as ʼn voorbeeld. ʼn Christen dokter kan saam met pasiënte bid, die evangelie met kollegas deel en selfs geld aan die kerk skenk, maar die kern van ʼn dokter se bediening bly steeds om ʼn uitstekende dokter te wees. Pasiënte se lewens word in gevaar gestel deur middelmatigheid. Die belangrikste verantwoordelikheid vir ʼn dokter moet die bediening van uitnemendheid wees — om pasiënte te dien met sorgsaamheid en op dieselfde standaard wat vir sy of haar eie gesin verwag word.
Die kernvaardighede van die meeste beroepe beteken nie noodwendig die verskil tussen lewe en dood nie. Almal het egter die geleentheid om Jesus se opdrag tot naasteliefde te gehoorsaam — deur te kies om uitnemende werk te doen en beter as die minimum vereistes te presteer. Matt Perman stel dit so mooi: “Afskeepwerk is soos vandalisme aangesien dit — net soos vandalisme — die lewe vir ander mense moeiliker maak. Christene moet daarna streef om hulle werk op so ʼn wyse te doen dat hulle die teenoorgestelde van vandalisme en afskeepwerk behaal. Ons moet bereid wees om in alles wat ons doen die ekstra myl te loop sodat dit vir ander mense voordelig is. Uitnemendheid in ons beroepe is in der waarheid ʼn vorm van vrygewigheid en liefde. In teenstelling daarmee, is afskeepwerk ʼn vorm van suinigheid en selfsug. Slordige werk is nie net slordig nie, maar ook liefde wat gefaal het.”
Ons as Christene moet nie net die noodsaaklikste take in ons beroepe verrig om sodoende ʼn salaris te ontvang nie. Indien ons glo dat ons beroepe ook ons God se roeping vir ons is, sal ons “... dit van harte [doen] soos vir die Here ..." (Kolossense 3:23). Ons verheerlik ons Vader en betoon liefde aan ons naaste deur toegewyd te wees as dokters, sakelui, onderwysers, kunstenaars, skrynwerkers en uitvoerende beamptes. Uitnemendheid in ons beroepe moet nie ʼn ingesteldheid op persoonlike gewin wees nie. Die mees basiese vorm van bediening is om ons werk met uitnemendheid te doen. Laat hierdie waarheid as aansporing dien om jou ambag te bemeester. Jy sal gaandeweg die beste uitsonderlike weergawe van jouself word, tot verheerliking van ons Vader en tot voordeel van jou naaste!
Indien jy hierdie leesplan geniet het, sal jy ook van my weeklikse oordenkings hou. Dit sal jou help om in jou werk ʼn sterker band met die evangelie te vorm. Teken hier in.
Aangaande hierdie leesplan
Daar is verskeie goeie redes om na uitnemendheid te streef in die werk wat ons doen: Uitnemendheid bevorder ons loopbane, maak ons invloedryk en kan tot geleenthede lei om die evangelie te verkondig. Uit hierdie 3-dag leesplan sal dit egter duidelik na vore kom dat ons na uitnemendheid moet streef ter wille van 'n baie belangriker rede — aangesien uitnemendheid in die werk wat ons gekies het om te doen, die beste wyse is waarop ons God se karakter kan uitbeeld en ons naaste kan dien en kan liefhê soos onsself.
More