Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

God Is 'n liefdevolle Vader
Jy was sekerlik al een of ander tyd in die situasie waar jy gevra het: "Gee God om?" Die dissipels het in Markus 4 juis hierdie vraag gevra.
Hulle was in 'n skuit op die water toe 'n hewige storm losgebars het. Die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het gelê en slaap. Die dissipels maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?" (Markus 4:38).
Wat van jou? Gee God om oor jou huis paaiemente, jou gesondheid, of jy suksesvol is of faal, jou kinders en hulle opvoeding, of jy gaan trou of nie, oor die argument wat jy en jou geliefde gehad het of hoe jy vanoggend voel? God sê: "Natuurlik gee Ek om! Ek is 'n liefdevolle Vader."
Matteus 6:31-32 sê: “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het." Die volgende vers gaan aan om te sê: "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More