Een Minuut Na Jou DoodVoorbeeld

One Minute After You Die

DAG 5 VAN 6

Soos Dit Is

“Die hemel maak nie hierdie lewe minder belangrik nie; dit maak dit meer belangrik.” – Billy Graham

Jesus verwys na die hemel as sy Vader se huis, waar daar baie kamers is en waarheen Hy gegaan het om vir ons plek voor te berei. Alhoewel dit waarskynlik ‘n simboliese voorstelling is van iets wat te wonderlik vir ons verbeelding is, moet dit ‘n goeie voorstelling wees, want dit is gekies deur Iemand wat omtrent die hele ewigheid daar was. Die hemel is meer wonderbaar as wat ons ons ooit kan voorstel — waarom anders sal God dit sy tuiste maak?

Die hemel is God se tuiste en dit is ons tuiste, maar dit is soveel meer as net ‘n hoekerf met ‘n pêrelhek iewers in die wolke. C.S. Lewis het so oor die omvang van die hemel geskryf: “God is nie in die ruimte nie, maar die ruimte is in God.” Hoe nou? Eintlik kom dit daarop neer dat God nie deur sy eie skepping beperk kan word nie. Die hemel is meer as net ‘n plek waar God woon; dit is iewers waar sy warmte en sy wonder heeltemal omvattend is. Jesus herinner ons ook daaraan dat Hy daar vir ons ook plek gemaak het. 

Jy weet mos hoe goed dit voel om by die huis aan te kom. Jy kan uiteindelik asem skep en net rondhang. Wat sê ons wanneer mense kom kuier? “Maak jouself tuis.” Die hemel sal daardie gevoel van tuiste vir ons vervul, vir ewig en altyd, maar dit is ook soveel meer as dit — dit is God by die huis.

Wat beteken dit alles vir ons? Dit beteken dat die hemel die moeite werd is om voor te hoop. Dit maak dit die moeite werd om die wedloop te voltooi en om ‘n hele lewe te rig na waar God Homself tuisgemaak het. Dit beteken meer as wat ons ooit kon vra, dink, of ons verbeel. 

Vandag beteken dit die volgende vir jou. Terwyl jy die Onse Vader in Matteus 6:9-13 lees, laat die grootse omvang van God se tuiste jou aan die krag van hierdie gebed herinner. Terwyl jy Jesus se woorde herhaal en God vra om sy wil in die hemel, net soos ook op die aarde te laat geskied, dink aan die dinge wat verkeerd is in jou lewe, jou familie, jou gemeenskap en die wêreld. Onthou dan hoe dit in die hemel is. Dit is deur God self omsluit. Laat jou bekommernisse, pyn, alles wat jy meet, en alles wat probeer om jou te meet, verteer word deur jou onmeetbare Vader, wat reeds vir jou ‘n tuiste in die hemel gemaak het.

Bid: O Vader, dankie dat U ‘n ewige tuiste vir my siel in die hemel voorberei het. Laat u wil vandag in my lewe geskied, net soos in die hemel.  

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

One Minute After You Die

C.S. Lewis het gesê: “Mik vir die Hemel en jy sal die aarde daarmee saam kry. Mik vir die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.” Met ander woorde, wat jy vandag doen omdat jy sekere dinge glo oor wat na jou dood gaan gebeur, kan alles vir altyd verander. Begin vandag hierdie Life.Church leesplan wat saamgaam met Pastoor Craig Groeschel se nuwe reeks, Een Minuut Na Jou Dood.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/