Beloftes van GodVoorbeeld
Lees: Jakobus 4:8
SOAP: Jakobus 4:8
As ons in God se rigting beweeg, sal Hy ons nooit verwerp nie. Hy omvou altyd die opreg berouvolle persoon wat tot Hom uitroep vir reiniging. Hier nooi God ons uit om Hom te kies en ons lewens te suiwer - om ons harte te wy en groter intimiteit met Hom te vind.
Hoe gaan jy kies om hierdie week nader aan God te kom? Sit elke dag 'n paar minute opsy om stil in sy teenwoordigheid te wees en bid vir ingesteldheid, fokus en 'n suiwer hart. Is daar enigiets waarmee jy worstel wat jou verhoed om nader aan God te kom? Is jy besig met 'n sonde waarmee jy moet stop? Maak dit jou doel om alles voor Hom te belei en moet niks terughou nie.
Here, ek wil naby aan U wees. Help my om nie huiwerig in my toewyding te wees nie, maar om U bo alles te aanbid.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.
More
Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com