Beloftes van GodVoorbeeld

Beloftes van God

DAG 24 VAN 29

Lees: Kolossense 1:15-16

SOAP: Kolossense 1:15-16

God hou die hele wêreld in sy hande - insluitend jou huidige gemors. Reeds voordat jy geskape is, was Jesus aan die werk, besig om elke sentimeter van hierdie aarde te maak. Hy is owerste oor alles, en Hy bewaar alles wat jou oog sien. Jy mag dalk chaos in sommige donker hoeke sien, maar Christus plaas elke stukkie detail in sy meesterlike ontwerp vir jou totale verlossings vernuwing.

Die Argitek van die Heelal is besig om van jou 'n pragtige meesterstuk te maak. Hy is die sement wat elke baksteen van jou lewe bymekaar hou. Jy kan Hom vertrou met wat ookal nou sleg lyk, want jy is nog nie ‘n voltooide werk nie. Hy sal getrou wees om die werk wat Hy in jou begin het, te voltooi.

Here, ek vertrou dat U 'n plan het. Bou my asseblief op en bring u lig in elke spleet van my huis en hart. Ek maak die deur oop en nooi U om te herversier.

Amen.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes van God

Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com