Tony Evans Onderrig Oor HebreërsVoorbeeld

Tony Evans Teaches On Hebrews

DAG 2 VAN 5

Onthou jy hoe werk bêrekoop? Bêrekoop is 'n ooreenkoms waarin die verkoper van 'n item dit vir 'n kliënt hou totdat daardie kliënt die volle prys vir die item in paaiemente afbetaal het. Die kliënt sal van tyd tot tyd betaal en aanhou om dit te doen totdat die volle som vir die item betaal is. Soms sal 'n kliënt egter nooit al die betalings maak nie, en die item sal dan nooit in besit geneem word nie.

Daar is 'n belangrike, dog oor die hoof gesiene feit, rakende die versoendag in die Ou Testament. Wanneer die priester in die Allerheiligste ingegaan het, om 'n dier te offer om vir die sondes van die volk versoening te doen, was daar geen stoel nie. Jy sal nie 'n stoel in die beskrywing van die tabernakel vind nie. Daar was geen plek vir die priester om ooit te gaan sit nie. Hoekom? Want sy werk was nooit klaar nie. Dit was 'n taak wat hy oor en oor gedoen het. Dit was God se bêrekoopplan. Die priester moes gedurigdeur vir die verskillende sondes versoening doen. Hy kon egter nooit die volle betaling maak nie. Daar was geen permanente oplossing vir die probleem van sonde in die Ou Testament nie.

Die Hebreërs boek plaas die fokus onmiddellik op Jesus Christus en sy uniekheid ten einde ons aan te moedig om nie moed op te gee nie. Ons sien Jesus is die erfgenaam van alles, die skeppingskrag en presiese ewebeeld van God, die onderhouer van die lewe en die volmaakte soenoffer vir ons sondes. Nadat Hy sy verlossingswerk voltooi het deur ons sonde aan die kruis te dra, het Hy weer by die Vader in die hemel aangesluit, en het Hy gaan sit. Toe Jesus aan die kruis gesterf het, is 'n stoel in die hemel geplaas, want dit hoef nooit weer herhaal te word nie. Dit het eenmaal gebeur en is vir altyd geldig. Laat ek dit anders stel. Die Johannes boek sê Jesus se laaste woorde was tetelestai, wat beteken "dit is volbring!" Hoekom sou Jesus dit sê? Want die skuld is ten volle betaal en ons verlossing is verseker.

Hoe bemoedig Jesus se laaste woorde jou?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Tony Evans Teaches On Hebrews

In hierdie vyf-dag leesplan sal dr. Tony Evans saam met jou deur die eerste gedeelte van Hebreërs reis (1:1—3:6) en Jesus: Die Weergalose Persoon bespreek. Hebreërs is geskryf om gelowiges aan te moedig om nooit moed op te gee nie. Dus, as jy al ooit moedeloosheid in jou geloofsreis beleef het, dan is dit die boek wat jy moet bestudeer om bemoediging en hoop te vind om die wedloop van geloof goed te voltooi.

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb: https://go.tonyevans.org/unleashing-the-power-of-the-word