Koninkryks-huwelikVoorbeeld

Kingdom Marriage

DAG 5 VAN 5

As jy enige militêre programme of films kyk, sal jy waarskynlik 'n generaal of soldaat hoor skree: “Hulle probeer ons omsingel!” In militêre taktiek is dit waar die vyand sal probeer om van die kant of van agter af aan te val. Die rede waarom troepe nie omsingel wil word nie, is dat dit hulle dwing om hul verdediging te verdeel. 

Die duiwel gebruik hierdie selfde taktiek teen jou huwelik. Laat ek dit so stel; hy poog om te verdeel en te oorwin. Hy weet dat as 'n egpaar nie verenig is nie, hy hulle makliker kan isoleer. Wanneer 'n egpaar egter in 'n Bybelse eenheid saamwerk, kan hulle vasstaan ​​teen die duiwel en hom verslaan.

Wat is eenheid? Ongelukkig dink baie mense dat eenheid “eenvormigheid” beteken. Dit is nie waar nie. Eenheid is nie eenvormigheid nie – dit beteken nie om net soos jou huweliksmaat te wees nie. Inteendeel, eenheid kan gedefinieer word as enige groep mense wat gekenmerk word deur 'n gemeenskaplike doel, visie of rigting. Dit gaan nie daaroor om presies dieselfde te wees nie, maar om na dieselfde doel te vorder. Dink aan 'n krieketspan. Daar is 11 verskillende posisies op die veld. Elke posisie word gekenmerk deur verskillende vaardighede, rolle en verantwoordelikhede. Al 11 spelers moet egter saamwerk omdat hul doel dieselfde is.

God roep ons nie om ons uniekheid as individu te verloor wanneer ons trou nie. 'n Gesonde huwelik is egter waar die teenwoordigheid en werk van God se Gees ons individuele verskille oortref. Dit is eenheid en eenheid word gebou uit 'n gedeelde verbintenis om 'n gemeenskaplike vyand te verslaan – die duiwel. Hierdie beginsel moet verstaan, aanvaar en voortdurend gesoek word as 'n huwelik werklik oorwinning wil ervaar.

Moenie die duiwel toelaat om julle te verdeel nie. Ondersteun mekaar met die Woord van God en deur gebed, om 'n verenigde front teen die duiwel se aanvalle op julle huwelik te skep.

Rondom watter geestelike doelwitte kan jy en jou huweliksmaat verenig? 

Het jy dit geniet om te leer hoe om in 'n Koninkryks-huwelik te wees? Jy kan meer oor hierdie onderwerp – en baie ander – in die Tony Evans Opleidingsentrum leer. Besoek eenvoudig hierdie skakel.  

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Marriage

Die huwelik kom met groot vreugdes en groot uitdagings. Een van die redes vir die uitdagings is omdat ons die Bybelse doel van die huwelik uit die oog verloor het. Ons het God verwyder en die huwelik in terme van geluk gedefinieer. Die huwelik bestaan ​​om God te verheerlik deur sy invloed regoor die wêreld uit te brei. In hierdie 5-dag leesplan neem Dr. Tony Evans jou op 'n reis van 'n koninkryks-huwelik.

More

Ons wil graag "The Urban Alternative (Tony Evans)" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://go.tonyevans.org/portrait-of-a-christian-family