Redding KomVoorbeeld
Seëvierend
Luister na “Victorious” en lees dan:
As jy in die Westelike Provinsie gebore en getoë is, word jy nie 'n Vrystater as jy oor die grens ry nie. Jy sal altyd 'n boorling van die Westelike Provinsie wees, ongeag van waarheen jy gaan of wat jy doen.
Ons huidige toestand bepaal nie wie ons is nie. Wat ons doen of waarheen ons op pad is, verander nie ons identiteit nie. Ons identiteit word bepaal deur die Een wat ons gemaak het.
As jy eers jou lewe met Jesus begin het, behoort jy vir altyd aan Hom. Jy kan niks doen om te maak dat God jou meer of minder liefhet nie. Jou lewe slaan 'n nuwe rigting in: jy luister nou na Jesus en doen wat Hy verwag.
As jy met sonde worstel, beteken dit nie dat jy nie meer gered is nie. Omdat jy nou aan Jesus behoort, kan jy nie jou redding verloor nie. Jou redding hang nie van jou pogings af nie, maar van God se genade.
Die identiteit wat God aan jou gee, gaan vir ewig wees. Watter etiket of byvoeglike naamwoord pas nie meer by jou noudat jy aan Jesus behoort nie?

Aangaande hierdie leesplan
Redding Kom bekyk die Skrifgedeeltes wat die liedjies geïnspireer het op NewSpring Worship se nuutste album. Hierdie 10-dag studie is geskryf vir nuwe Christene en is 'n viering van wie God is, wat Hy gedoen het en alles wat Hy nog vir ons kan gee. Gaan na https://newspring.cc/music/salvation-rise om die album te koop of om akkoorde en klankbane af te laai.
More
Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief www.newspring.cc