Redding KomVoorbeeld
My God, My Vader
Luister na “My God, My Father” en lees dan:
Jy mag dalk 'n goeie verhouding met jou pa hê. Of dalk het jy hom nog nooit ontmoet nie. Dit maak nie saak met watter tipe pa jy grootgeword het nie, op een of ander stadium sal enige pa 'n belofte verbreek, nie sy gesin beskerm nie of hulle heeltemal verwaarloos. Mense is onvolmaak, maar God die Vader is nie.
Jou besluit om Jesus te volg, beteken dat jy in 'n verhouding met God staan as jou hemelse Vader. Hy is die beste voorbeeld van 'n pa ooit. Dink daaraan hoe 'n perfekte pa sal wees. Hoe sal hy sy kinders behandel?
God het ons gemaak, Hy weet alles van ons af en Hy gee die meeste vir ons om. Hy beskerm ons en help ons om te groei. As ons van die pad afdwaal, waarsku God ons en dissiplineer ons vir ons eie beswil. God verstoot ons nie as ons misluk nie. Mislukking is onvermydelik, maar God se liefde is onafwendbaar.
As jy Jesus toegewyd volg, sal God altyd jou Pa wees en jy sal altyd sy kind wees. As jy môre ophou om met jou biologiese pa te praat, sal dit geen verskil maak aan die feit dat hy jou pa is nie. Dieselfde geld vir ons verhouding met God. Al is ons verhouding beskadig, sal dit nie tot niet gaan nie.
God gee nie moed op met sy kinders nie. Hy help ons deur moeilike tye en korrigeer ons indien nodig. Daar's niemand beter om na toe te gaan nie.
Is daar 'n deel van jou lewe wat jy nog nie aan God gegee het nie?

Aangaande hierdie leesplan
Redding Kom bekyk die Skrifgedeeltes wat die liedjies geïnspireer het op NewSpring Worship se nuutste album. Hierdie 10-dag studie is geskryf vir nuwe Christene en is 'n viering van wie God is, wat Hy gedoen het en alles wat Hy nog vir ons kan gee. Gaan na https://newspring.cc/music/salvation-rise om die album te koop of om akkoorde en klankbane af te laai.
More
Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief www.newspring.cc