Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die EvangelieVoorbeeld

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

DAG 7 VAN 7

“Dis genoeg, ek gaan dit alles beëindig.”


Die boodskap het op 'n Dinsdagaand om 20:00 vanaf 'n onbekende nommer op my vriend Ryan se selfoon verskyn. Hy het so pas na 'n lang dag op die bank gaan sit nadat hy sy kinders goeienag gesoen het.

“Ek is jammer, wie is dit?” het hy teruggeskryf.

Haar naam was Sarah. Sy het besef dat sy die verkeerde nommer gebruik het en het om verskoning gevra.

“Wag 'n oomblik ” het hy geskryf. “Ek kan help.”

Hulle het omtrent vír 'n halfuur lank boodskappe heen en weer gestuur, terwyl sy haar tragiese verhaal aan hom vertel het. Die finale slag was haar huidige, geweldadige kêrel wat hulle verhouding verbreek het. Ryan het aanhou probeer om haar van Jesus se liefde te vertel en hoe waardevol sy vir God is, ten spyte van alles wat sy voel. Hy het by haar aangedring om nie haar lewe te baseer op die opinie van 'n 22-jarige seun nie.

“Dit is te laat,” het sy geantwoord. “Ek het so pas 'n hele bottel pille gedrink.”

Ryan het haar gesoebat om hom te vertel waar sy was sodat hy en sy vrou haar hospitaal toe kon neem. Sy vertel hom toe en hulle het met haar hospitaal toe gejaag, waar dokters Sarah onmiddellik behandel en haar lewe gered het.

Oor die volgende paar maande het Sarah se oë stadig begin oopgaan en sy het besef hoe waardevol sy in Christus is. Sy het selfs besluit om na 'n Christelike Universiteit toe te gaan om so God se plan vir haar lewe uit te leef. God het haar verlos; Hy het 'n lewe geneem wat as waardeloos deur ons wêreld beskou is — en ook deur haarself — en dit omgekeer. Sy was die moeite werd om voor te sterf.

Terwyl 'n vriend besig was met 'n MBA in entrepreneurskap, het die ekonomie professor 'n fundamentele konsep in hulle koppe ingeprent: 'n produk se waarde word bepaal deur dit wat iemand bereid is om daarvoor te betaal.

Die prys wat vir ons verlossing betaal is, is die bloed van Jesus Christus, die Seun van God. Kan daar 'n groter prys wees? Kan enigiets jou meer waarde gee?

Ons elkeen veg 'n daaglikse stryd om ons waarde te baseer op die prys wat God vir ons betaal het. Elkeen onder ons het een of ander maatstaf wat ons gebruik om ons waarde mee te meet. Ons gebruik die maatstaf van prestasie, gesin, voorkoms, rykdom, ras, opvoeding, leierskap vaardighede, syfer vaardighede, of ... vul maar jou eie maatstaf in.

Die mensdom probeer óf desperaat om hul waarde te bewys óf lewe in depressie omdat hulle voel dat hulle van geen waarde is nie.

Dit is een van die kragtigste nagevolge om die evangelie aan jou siel te verkondig. Jy herinner jou siel aan sy waarde in Christus, deur jouself te herinner aan die hoë prys wat betaal was om jou te verlos.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

Wat sou gebeur as jy elke oggend wakker word en jouself herinner aan die evangelie? Hierdie 7-dag oordenking wil jou graag help om juis dit te doen! Die evangelie red ons en onderhou ons regdeur ons lewens. Skrywer en evangelis, Matt Brown, het hierdie leesplan gebaseer op die boek wat hy en Ryan Skoog vir 'n 30-dae oordenking geskryf het.

More

Baie dankie aan "Think Eternity" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.thinke.org