LeuensVoorbeeld
"Dit was net 'n wit leuentjie." Regtig? Is daar regtig so iets? Sommige leuens het 'n slegter nadraai as ander, maar 'n leuen is 'n leuen. Wat van 'n halwe waarheid? Is 'n halwe waarheid nie maar ook 'n leuen nie? Jy weet immers nie watter helfte daarvan jy hoor nie. Sommige mense dink dis aanvaarbaar om leuens te vertel, mits dit niemand seermaak nie of as dit iemand help. Dit is ongelukkig juis die vangplek. Jy dink nie op daardie oomblik daaraan dat jou verdraaiing van die waarheid 'n warboel leuens en nog groter probleme tot gevolg kan hê nie. Kom vind uit hoekom God leuens so haat!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Maak wit leuentjies saak? Is daar verskillende soorte leuens? Is sommige leuens aanvaarbaar en geregverdig? Die feit is dat God eerlikheid verwag — in alles. Hierdie 7-dag leesplan sal die waarheid van die Skrif aan jou openbaar. Raak voor God stil en laat Hy jou gees vernuwe. Lees gerus meer hieroor by www.finds.life.church
More
This plan was created by Life.Church.