Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in BedwangVoorbeeld

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

DAG 2 VAN 21

Romeine 12:2 bemoedig ons, dat wanneer ons denke herskep is, ons vertroud sal raak met die wil van God. Die Griekse woord vir "herskep" beteken "morele karakter wat ten goede verander." Wanneer hierdie sielsherskepping plaasvind, sal jy die versekering hê wat die planne en doel van God vir jou spesifieke lewe is, en jou in staat stel om dit na te streef. 

Wanneer die Heilige Gees jou denke herskep het, sal jy in staat wees om 'n impak te maak in die lewens van ander as hulle luister na die wysheid wat jy deur die gesindheid van Christus self verkry het.

Jou denke kom in ooreenstemming met die wil van God, wat die Bybel as "goed en aanneemlik en volmaak" beskryf. God het planne vir jou wat altyd goed is, wat vir Hom aanneemlik is en wat jou perfek pas! En dit begin alles met splinternuwe denke!

Die Heilige Gees begeer om die gedagtes van die Vader met jou te deel, maar Hy kan dit net doen as jy daagliks met Hom kommunikeer. God se gedagtes is nie verborge nie en ook nie 'n raaisel nie. Hy verlang met entoesiasme en ruimhartigheid dat sy kinders presies moet weet wat Hy dink. Hy begeer dat jou verlange na Hom moet wees. Hy wil hê dat jy 'n hegte verhouding met die Heilige Gees moet hê, want Hy is 'n kenner op die gebied van God se denke.

As jy nie in kontak is met God se gedagtes deur middel van die Heilige Gees nie, sal jy nooit die geestelike woorde van God verstaan nie. Ons het die potensiaal om soos God die Vader te dink! Wanneer ons wat ons denkproses betref in vennootskap met die Heilige Gees is, is ons in staat om omstandighede, mense en gebeure te verstaan soos Jesus dit verstaan. 

Hierdie voordeel is net 'n gebed ver: "Vader, gee my u denke! Ek begeer innig u gedagtes en wysheid. Heilige Gees, lei my in alle waarheid."

Persoonlike Toepassing: Bied gewilliglik jou denke, emosies, planne, hart, begeertes, tong, potensiaal en al jou fasette aan die Here. Sê met 'n opregte hart: "Here, ek is volkome U s'n!

  

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Guide Your Mind-Guard Your Heart-Grace Your Tongue

Ons het almal al woorde "onder die invloed" van verwarrende gevoelens en benewelde denke geuiter. Baie gou het ons gewens dat ons die towerkrag gehad het om daardie woorde ongedaan te maak. Dis ons gedagtes en emosies wat bepaal watter woorde oor ons lippe kom. "Rig jou Denke — Bewaak jou Hart — Hou jou Tong in Bedwang" sal jou in staat stel om beheer te neem oor jou denke en gevoelens sodat jou woorde vol genade kan wees.

More

Baie dankie aan "Just Joy Ministries" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://justjoyministries.com