7 Stadiums van Verdriet na 'n MiskraamVoorbeeld

7 Stages Of Grief After Miscarriage

DAG 2 VAN 7

Baie klein dogtertjies droom dikwels daarvan om eendag 'n mamma te wees. Toe ek jonger was het ek glad nie gedink ek sal met onvrugbaarheid worstel nie, of dat ek verskeie miskrame sou hê nie. Die gedagte het nie een keer by my opgekom nie. 

God het so genadiglik vroue gekies om die draers van lewe in hierdie wêreld te wees. Hierdie ongelooflike geskenk is aan vroue gegee. Toe ek uitgevind het dat dit nie vir my moontlik was nie, het my hele wêreld in duie gestort. 

'n Miskraam kom amper altyd as 'n enorme skok vir vroue. Die meeste vroue bid dat dit nie met hulle gebeur nie, maar as dit gebeur sal dit jou benoud maak en jou huilend op jou hande en knieë bring uit ongeloof en skok. Ek het op my badkamervloer gesit en bid en huil dat die dokter se uitspraak tog verkeerd moes wees. Ek het God gesmeek dat dit 'n fout was en dat my baba nie alreeds dood was nie. 

Ek weet dat niks in die skepping ooit vir God 'n verrassing is nie. Ons mag dalk nooit uitvind hoekom ons gekies is om hierdie verdriet te verduur nie, maar daar is troos in die wete dat God weet wat Hy doen. 

Dit is uiters belangrik dat ons weet en glo dat God goed is. Ons kan Hom vertrou en Hy weet wat Hy doen, al maak dit nie vir ons sin nie. Ek weet uit ondervinding hoe moeilik dit sal wees om dit te glo na so 'n pynlike verlies, maar ek bid dat jy sal begin om hierdie waarheid te glo. God sal jou nooit verlaat nie en Hy wil hê jy moet Hom aanroep wanneer jy hartseer is.

Ons vyand, die Satan, gaan probeer om jou gedagtes en hart oor te neem, deur oortyd te werk om jou in jou donkerste uur weg te trek van God af. Jy moet insien dat ons vyand, die Satan, weet hoe gevaarlik dit vir hom is as 'n vrou op God vertrou te midde van so 'n pynlike verlies. 

Wanneer 'n vrou seerkry, maar nogtans glo en op haar God vertrou, is sy 'n kragtige opponent vir die vyand. Ons vyand wil net steel, doodmaak en vernietig; Jesus het gekom sodat ons lewe kan hê, en dit in oorvloed! (Johannes 10:10)

Aanbiddingslied:  Thy Will deur Hillary Scott en die Scott-gesin 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

7 Stages Of Grief After Miscarriage

Die hartseer wat op 'n miskraam volg, het die potensiaal om ons nader aan God te trek of verder van Hom te verwyder. Ons vyand, die Satan, wil ons diepste emosies gebruik om ons so ver moontlik van God af weg te lok as wat moontlik is. Net God kan die vrede en genesing bring waarna ons harte smag. Hierdie leesplan gaan die sewe stadiums van verdriet identifiseer en vroue lei om ware genesing in die Woord van God te vind. 

More

Ons wil graag vir Kim Meyer bedank wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.relentlesswomenwarriors.com