Voltooi Die Wedloop Van Geloof: Jesus Is Groter Reeks #8Voorbeeld
Om Gedissiplineer te Word
Gedagtes oor die Woord
Hoe reageer ons op God se dissipline?
Sommige van ons huil baie. Dit lyk so onregverdig en onredelik. God behoort ons 'n blaaskans te gee, want ons het reeds 'n moeilike lewe.
Sommige van ons word kwaad oor die dissipline — die dinge wat ons in die gesig staar. Dit blyk of ander met baie minder dissipline klaarkom. Ons word kwaad vir God oor die skynbare onregverdigheid.
Sommige van ons raak moedeloos en hou op om te probeer. Die dissipline het dan nie 'n kans om die vrug van geregtigheid voort te bring wat eintlik die doel was nie. Ons hou op voor die vrugte gegroei het. Gevolglik bly daar 'n slegte smaak oor God se dissipline in die mond oor.
As ons egter toelaat dat ons gedissiplineer word, lewer dit wonderlike resultate. Laat God se dissipline jou leer, vorm, ontwikkel en herskep. Dit is die moeite werd.
Gebed
Vader, ek bid vir elkeen van u kinders. U dissiplineer ons almal. Dit is anders vir elkeen van ons, want U het 'n ander bestemming vir ons elkeen. Help ons as u kinders vandag om onsself te verootmoedig en u dissipline te aanvaar. Gee ons die krag om nie moedeloos, kwaad, ontsteld of selfs opstandig te word nie. Beskerm ons harte en versterk ons om U te volg en laat pragtige, oorvloedige vrug in ons groei. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dit is WEDLOOPDAG. Jy voel een van twee dinge — voorbereid of vreesbevange. Die wat voorbereid is sien uit daarna om te hardloop, wetende dat die ure se gedissiplineerde opleiding hulle toegerus het om goed mee te ding. Die vreesbevanges aan die ander kant wil kop uittrek — hulle is nie gereed nie. Leesplan agt van nege oordenkingsleesplanne wat ons deur Hebreërs neem, illustreer die belangrikheid om deur God gedissiplineer te word om ons geloofswedloop te voltooi.
More