Hou Op Om Kerk Toe Te GaanVoorbeeld
Rede Nr. 2 om kerkbesoek te staak: Jy gaan digitaal. Hoekom kerk toe gaan as jy net kan luister na 'n potgooi of iets op jou selfoon kan lees?
Rede Nr. 2 om die kerk te word: Die wêreld word digitaal. Dit is nie nou die tyd vir die kerk om van die internet af weg te bly nie. Jesus het gegaan na waar die mense is en die internet is waar die mense is. Om mense te bereik waar niemand uitreik nie, moet ons dinge doen wat niemand anders doen nie. Met gebruik van tegnologie soos aanlyn kerk, die Bybeltoep, potgooie en aanlyn Bybelse inhoud, kan die plaaslike kerk die wêreld bereik. Ons doen dit nie in plaas daarvan om bymekaar te kom nie, die kerk kan juis mense aanlyn bereik omdat ons bymekaarkom.
Om te doen: Doen navraag by jou kerk hoe julle mense aanlyn kan bereik. Indien jy nie deel van 'n kerk gemeenskap is nie, besoek dan Life.Church Online.
Aangaande hierdie leesplan
Miskien is daar 'n rede dat jy soms wonder hoekom Christene kerk toe gaan. Miskien was kerk nie bedoel om net nog 'n besoekpunt te wees nie. Of jy deur kerk uitgeput is of net wonder waar jy inpas, is dit 'n wonderlike geleentheid om te sien wat die Bybel oor kerkwees sê. Begin met hierdie Life.Church leesplan om Pastoor Craig Groeschel se reeks "Stop Going to Church" te volg.
More