Bybelse Beginsels Om In Entrepreneurskap Te FloreerVoorbeeld

Biblical Principles To Thrive In Entrepreneurship

DAG 3 VAN 4

Treë, nie spronge nie


"Danksy die Here stap 'n jong man met ferm treë" (Psalm 37:23 AFR20). God het die treë gesalf wat jy moet neem met die sake-idee wat Hy vir jou gegee het. 

Wanneer God jou 'n sake-idee gee, moet jy nie dink hoe jy 'n miljoen rand gaan verdien nie. As jy daardie gedagtegang volg, sal jy gefrustreerd raak en tou opgooi. 

In plaas daarvan, moet jy een tree op 'n slag neem. Almal is in staat om 'n tree te neem, dis bereikbaar en dit sal nie jou sake en denke te ingewikkeld maak nie. 

Is dit 'n gebrek aan geloof of nie ambisieus genoeg nie? 

Wel, toe God die hemele en die aarde op dag een geskep het, was dit een ding op 'n slag. Op dag twee net Hy nog 'n paar dinge geskep en met die verloop van 'n week was alles klaar. 

Hoekom het God nie alles in een dag geskape nie? Ek glo Hy het dit so gedoen omdat Hy 'n God is wat treë gee, nie spronge nie en het op hierdie manier vir ons 'n model gegee wat ons kan volg wanneer ons dinge skep. Jou onderneming sal tree-vir-tree groei, moenie dit jaag nie.

As jy jaag, sal jy foute maak, gefrustreerd raak omdat die doelwit so groot is en dan tou opgooi. 

Daarom is die derde beginsel om in entrepreneurskap te floreer, om treë te neem, nie spronge nie.  

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Biblical Principles To Thrive In Entrepreneurship

As God jou geroep het om 'n entrepreneur te wees, het Hy jou geroep om in die sakewêreld te floreer. Daar is egter 'n groot verskil tussen idees en om te floreer. As hierdie gaping nie oorbrug word nie, sal jy maklik gefrustreerd raak met die idee en met God. Hierdie 4-dag leesplan bied Skriftuurlike leiding om die basiese beginsels te leer hoe om in entrepreneurskap te floreer. 

More

Baie dankie aan “Church for Entrepreneurs” wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://churchforentrepreneurs.com/about/