Bloedsuiers in VerhoudingeVoorbeeld
Beherende Verhoudinge
Beheervrate, kritiese mense, dreinerende mense, huigelagtige mense — hoekom voel ons dat hulle lewende bloedsuiers is? Miskien omdat hulle dit wel is!
Dink daaroor. As verhoudinge met hierdie mense die lewe uit jou kan suig, dan … goed, jy verstaan.
Maar wag. In die wetenskap, wanneer een organisme wederregtelik iets van 'n ander neem sonder om iets terug te gee, word dit 'n parasitiese verhouding genoem. Ja, dit is onregverdig en ongebalanseerd, maar dit word steeds 'n verhouding genoem. So, watter denkrigting neem dit in? Daar moet twee in 'n verhouding wees. Een neem en een gee.
Dit verskil nie in 'n beherende verhouding nie. Een persoon neem iets terwyl die ander iets toelaat.
Dit klink dalk eenvoudig, maar dit kan so verwarrend en pynlik wees as jy in die middel daarvan is. Iemand maak al die besluite of neem al die geleenthede. Maak nie saak hoeveel jy gee nie, dit is nooit genoeg nie. Dalk is dit seks, mag, geld, of skuldgevoelens wat hulle gebruik om hul sin te kry. Miskien doen hulle alles vir almal om hulle, omdat hulle wil hê dat dinge "reg" gedoen moet word en besef nie hoe dit ander mense se bydraes verkleineer nie. Miskien is hulle die eggenoot of baas wat meestal in passief-aggressiewe of net reguit aggressiewe dreigemente praat. Of dalk soos die meeste van ons, kan jy soms 'n beheervraat wees.
Goed, stop net hier. Haal 'n rukkie asem en bid.
Jesus, sal U my in liefde die verhoudinge uitwys waar ek wederregtelik iets neem of iets toelaat? Sal U my die krag en moed gee om stappe te neem na genesing en vryheid? Sal U my behoefte om ander te beheer of te behaag, met u liefde, selfvertroue en vryheid vervang? Amen.
Is jy 'n beheervraat? Vra mense wat jy vertrou om jou te help. Onthou jy hoe God sommige van sy wonderlikste werk deur verhoudinge doen? Vertel jou eggenoot, vriende, en dink ernstig daaroor om met 'n berader te gaan praat. Jy het waarskynlik pyn wat God wil genees. Dit is moontlik dat jy self seer tye deurgemaak het deur iemand wat jou beheer het.
Is jy iemand wat dit toelaat? Vertel dit vir 'n paar persone wat duidelik lewegewend en betroubaar is. As jy in 'n veilige verhouding is met die persoon wat die beheer uitoefen, praat met hulle daaroor en stel 'n paar grense vir hulle. As dit sinvol is, betrek iemand anders in die gesprek. As jy fisiese of emosionele mishandeling beleef, vertel 'n betroubare persoon soos 'n berader, pastoor, of 'n gesaghebbende dadelik daarvan.
Memoriseer hierdie teksvers vir wanneer jy dit mag nodig kry: "Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees" (Galasiërs 5:1a).
Aangaande hierdie leesplan
Hulle dreineer jou vreugde, mors jou tyd en bederf jou pret, maar daar is 'n beter manier om na moeilike mense te kyk. Kom ons leer hoe om die verhoudings te genees wat ons lewens versuur. Maak gereed vir God om sy lewegewende werk te doen as jy hierdie nuwe Life.Church leesplan begin. Dit is deel van Pastoor Craig Groeschel se reeks: "Relational Vampires".
More