Waag Om te VerbeelVoorbeeld

Daring To Imagine

DAG 5 VAN 7

God se droom vir jou lewe is groter as jou eie droom. Dit is enorm. Dit is reusagtig. Dit is betekenisvol vir die ewigheid. 

Ek weet nie van jou nie, maar ek is 'n groot dromer. Ek is nog nooit daarvan beskuldig dat my drome klein is nie. Tog sê God vir my: “Rick, dink aan die grootste ding wat jy in jou lewe kan doen, dink aan die grootste seën wat Ek oor jou kan uitspreek. Droom die grootste droom, kry die grootste visie — ek kan nog meer doen!”

Jy het nie 'n idee wat God in jou lewe wil doen nie. Jy leef so 'n klein deeltjie van wat jy in staat is om te lewe. God se droom vir jou lewe is enorm. Hy sê: “Ek kan meer doen as wat jy jou kan verbeel, of raai of in jou wildste drome vra.”

God wil hê jy moet groot drome droom. Hy wil hê dat jy die verbeelding wat Hy jou gegee het, moet gebruik, want jy eer God deur groot te droom. Dit beklemtoon jou geloof. Dit wys dat jy God vertrou. Jy moet nie jou droom bou op wat jy dink jý kan doen nie, maar op wat jy glo God kan doen.

Skryf die volgende neer: Laat die grootte van my God die grootte van my doel bepaal. God se droom vir my lewe is groter as mý droom.


Gebed:

Vader, ek wil my verbeelding gebruik om die droom te droom wat U in my hart geplaas het. Ek wil hê my lewe moet deur U gevorm word en nie deur ander mense nie — nie deur wat my ouers my vertel het nie en ook nie deur wat die samelewing my vertel nie. Laat my lewe gevorm word deur u droom vir my. Ek wil in geloof leef. Ek wil 'n wonderlike lewe hê, gebou op 'n wonderlike droom. Ek dank U, Here, dat u drome vir my lewe groter is as my eie droom. Ek bid dit in die Naam van Jesus. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Daring To Imagine

Alles wat deur mense op aarde ontwerp is, het in iemand se verbeelding begin. Dit is 'n gawe van God. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons meer leer oor die verhouding tussen ons verbeelding en geloof. Ek wil jou help om jou verbeelding vry te laat soos nog nooit te vore nie.  

More

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://pastorrick.com