Die Belangrikheid Van Die Ondervinding: Die OorlewingsgidsVoorbeeld
Lê Dit Af. Laat Vaar Dit.
Nadat ons iets deurgemaak het, bou ons mure om onsself te beskerm. Terwyl ek die verhaal van die vrou by die put gelees het, kon ek verstaan hoekom sy haarself verdedig het. Seerkry en skaamte het dikwels veroorsaak dat ek myself wou beskerm.
Johannes 4:11-12 is 'n goeie voorbeeld van die ou weergawe van myself, wat nou 'n herinnering in die verre verlede is. Hierdie twee verse skets 'n vrou wat met 'n oorvloed van veroordeling moes saamleef en wat gereed was om terug te veg, eerder as om onkant betrap te word.
Ken jy dié gevoel?
Dit was die geval in my lewe. Altyd gereed om te verdedig. Ondanks my gevoelens, is daar wonderlike dinge oor Christus en sy vermoëns wat toelaat dat ek vrymoedigheid het om na Hom te kom. Hy verstaan en het empatie met my.
Net soos hierdie vrou is ons bang om tot God te nader uit vrees dat ons blootgestel sal word. Vir al die verkeerde redes. Dis egter nie die geval met Christus nie. Hy kon van die begin af haar hele verlede blootgelê het. Hy benader ons egter met liefde en daarom kan ons eerlik wees oor ons tekortkominge. Sy word genees omdat sy Hom die waarheid vertel het. Jy kan ook daardie gevoel ervaar. Jy moet egter bereid wees om alles neer te lê en te laat vaar.
Hy het my nog steeds liefgehad toe ek myself nie kon liefhê of my foute aanvaar nie. Hy het jou ook lief. Tot vandag toe is daardie opregte liefde steeds besig om ons almal te help om genees te word.
Becca se Lewensles
Moenie toelaat dat die lyding van die verlede jou daarvan weerhou om openhartig te wees en die liefde en genesing te ontvang wat God nog altyd vir jou in gedagte gehad het nie. Hy wil hê ons moet gelukkig wees en 'n lewe vol liefde en vreugde lei, ondanks die storms wat probeer om ons te laat skipbreuk ly.
Aangaande hierdie leesplan
Ons lewe vir 'n God wat nie skaam is vir wie ons is nie, of die dinge waardeur ons is nie. Daar is sommige situasies wat jou so kan laat voel. Hierdie oordenking is vir jou, of jy nou seksueel, fisiek, emosioneel of geestelik mishandel is. Ek is vir 10 jaar gemolesteer. Ek het egter genesing ontvang! Ek wil jou help om ook genees te word.
More