Genoeg: Om Die Leuens Wat Jou Selfvertroue Steel Stil Te MaakVoorbeeld
Herken die Leuens
Die Bybel sê: “Ons ken sy planne [Satan sin] maar alte goed" (2 Korintiërs 2:11). Sy gekonkel sluit 'n stapsgewyse, stelselmatige plan in wat van een leuen tot 'n ander leuen lei, wat dan weer tot 'n volgende leuen lei. Die leuens begin klein met oënskynlik onbeduidende gevolge en word geleidelik groter met meer vernietigende gevolge. Leuens soos:
Ek is so dom.
Ek kan niks reg doen nie.
Ek sal nooit verander nie.
Die enigste manier om die leuen te herken, is om te weet wat die waarheid is. Ons moet dus die waarheid ken, sodat wanneer valsheid opduik, ons die gebrek aan egtheid sal herken.
Wanneer iemand opleiding kry om 'n bankteller te word, word hy of sy geleer hoe om vervalste geld te herken. Die instrukteurs onderrig hulle egter nie daarin hoe vervalste geld lyk nie; die nuwelinge leer hoe die egte geldeenheid lyk. Hulle bestudeer die watermerke, die kleur en die gevoel van egte geld. Wanneer die vervalsing dus opduik, kan die teller dit uitken.
D. L. Moody het eenkeer gesê, “Die beste manier om te wys dat 'n stok krom is, is nie om daaroor te stry of tyd af te staan om dit af te keur nie, maar om 'n reguit stok daarlangs te sit." Die Woord van God is die enigste reguit stok — die enigste maatstaf wat saak maak.
As die Satan na jou toe kom in 'n klein rooi uitrusting met 'n hooivurk en homself as die duiwel bekendstel, sal jy nie 'n woord glo wat hy te sê het nie. Hy is egter slinks en vermom homself as 'n engel van die lig (2 Korintiërs 11:14). Toe hy Eva mislei het, het hy selfs die Skrif aangehaal — al was dit verdraai en verwronge.
Hy het 'n versameling ou opnames uit jou verlede, en hy druk terugspeel en speel, terugspeel en speel. O ja, hy weet watter knoppies om te druk. Hy gebruik ook persoonlike voornaamwoorde soos "ek" in plaas van "jy". Die gedagtes klink soos: "Ek is 'n mislukking. Ek is 'n verloorder. Ek kan niks reg doen nie. Ek is lelik." Die gedagtes klink soos jy, voel soos jy, en voor jy dit weet, glo jy dit is jy. Dit is die rede waarom dit so moeilik is om die leuens op te spoor. Sy leuens klink net soos jy.
Wanneer dit by die vyand kom, hoef ons hom nie te beveg nie, ons moet hom net met die waarheid konfronteer. Eers moet ons egter die leuens wat ons vir onsself vertel het, herken.
Jesus het gesê: "Jy sal die waarheid ken en die waarheid sal jou vrymaak." Dit is om God se waarheid te ken wat ons sal help om die leuens te herken en dit te verwerp.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Sê die stemme in jou kop jy is nie goed genoeg nie, slim genoeg, mooi genoeg ... of net nie genoeg nie, punt? Sharon Jaynes, die gewilde skrywer en spreker, ontbloot die leuens wat jou vasgevang hou in skaamte, onsekerheid en gevoelens van ontoereikendheid. Maak die leuens stil wat sê jy is nie goed genoeg nie, en gryp jou ongelooflike waarde aan as 'n vrou wat deur 'n Almagtige God uniek gevorm en geliefd is.
More