AfgesonderVoorbeeld

Set Apart

DAG 5 VAN 5

Wanneer ons begin om heilige lewens vir God te leef, wat vir God afgesonder is, moet ons leer om in Hom te bly, Hom elke dag op te soek en Hom toe te laat om ons te lei.

Wanneer ons in Hom bly, begin ons om vrug in ons lewens te dra. Wag … wat? Vrug dra!?

Wel, ja!

Die verse wat jy pas gelees het, handel daaroor om vrug te dra. Nie soos appels of lemoene nie, dit sou effens vreemd wees, komaan!

Galasiërs 5:22-23 verwys na die soort vrug wat ons sal voortbring wanneer ons in Christus bly. As ons Hom dus opsoek en daagliks tyd met Hom deurbring, sal ons meer liefdevol word. Ons sal meer vreugde in ons lewens hê. Ons dae sal met meer vrede gevul wees. Ons sal meer geduldig met ander wees. Ons sal die vermoë hê om vriendeliker met ander te wees, groter goedhartigheid aan die wêreld te betoon en sterker geloof hê.

Wie wil nie op so 'n manier lewe en 'n vriendeliker mens wees nie?

Dit sal die gevolg wees as ons vir die res van ons lewens in Christus bly en heilige lewens lei wat vir God afgesonder is.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Set Apart

God roep ons om heilig te wees en heilige lewens te lei. Wat beteken dit egter? In hierdie 5-dag leesplan sal ons ondersoek wat heiligheid regtig vir ons lewens beteken.

More

Ons wil graag vir Switch, 'n bediening van Life.Church, bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb.: www.life.church