My AsemteugVoorbeeld
Die Grootste Skat
Aanbidding begin nie by ons nie. Aanbidding begin en eindig met God. God is ook al die lof van alle mense, te alle tye, waardig.
God is die kern van alles wat bestaan. Bo al die klein godjies van die aarde, is net Hy die Skepper. Onderhouer. Lewegewer. Die Een wat alles begin. Die Een wat alles mooimaak.
Dit is waarom elke kykie in God se teenwoordigheid, deur al die bladsye van sy Woord, bevestig dat God in eindelose lofprysing woon.
Let daarop dat die engeleskare in die boek Die Openbaring nooit ophou om te sê: "... Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom" (Die Openbaring 4:8) nie. Dag en nag verkondig hulle dat Hy die kern van die hele Skepping is. Sonder ophou bevestig hulle sy ewige waarde.
Dieselfde is waar van die hemelruim rondom ons. Soos die psalmdigter skryf: "Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend" (Psalm 19:2). Hoekom? Want dit is wat die sterremenigte geskep is om te doen — dag na dag moet hulle 'n eggo wees wat na God weergalm en op hulle hardste uitroep, vir elkeen wat aandag gee. Hy is groot. Almagtig. Glorieryk. Onbeperk. Hulle bevestig dat die Een wat hulle gestaltes en groottes uitgedink het, ver bo ons wildste verbeelding is.
Weet jy wat is regtig wonderlik? Hierdie massiewe God, wat nooit 'n gebrek aan aanbidding geken het nie, wil aanbid word ... deur jou. Op hierdie oomblik.
Dis nie asof Hy meer aanbidding nodig het om waardig te wees nie. Nee, God kan nie meer waardig wees as wat Hy reeds is en altyd was nie. God het nie ons aanbidding nodig nie, maar Hy wil dit hê. Hy wil dit hê, omdat Hy dit verdien. Hy beveel dit ook, want dit is die liefdevolste ding wat Hy kan doen.
God weet wie Hy is. Hy weet wat Hy werd is. Hy weet ook, die beste wat Hy ons kan gee, is Homself. As Hy ons dus vra om Hom bo alles te waardeer, kry hy sy regmatige lof wat Hom alleen toekom, en veroorsaak dat ons die wonderlikste skat ontvang wat ons óóit sal ken. God is nie 'n egoïs wat meer van ons wil hê as wat Hy verdien nie. Hy is eerder God wat tydens aanbidding kies om ons met Homself te beloon.
Hoe weerspieël God se oproep om Hom te aanbid, sy liefde vir ons?
Indien jy hierdie 5-dag leesplan van Louie Giglio geniet het, maak seker om ook na sy boek te kyk: "The Air I Breathe: Worship as a Way of Life". Om in te skryf om 'n kopie te wen van "The Air I Breathe", klik hier.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
'n 5-dag YouVersion leesplan deur Louis Giglio. Het jy geweet dat jy gemaak is om in aanbidding te leef? Of jy nou God aanbid, of geld of verhoudings, jy aanbid elke dag iets of iemand. Die vraag is of jou aanbidding gewy word aan dit wat die meeste saak maak? As God is wie Hy sê Hy is, kan net Hy jou siel bevredig. Hierdie leesplan is 'n uitnodiging om te reageer op 'n God wat jou so lief het, dat Hy jou uitnooi om Hom te aanbid.
More