MishandelingVoorbeeld
Mishandeling kan op verskeie maniere plaasvind. Fisieke, emosionele en seksuele mishandeling is algemene maniere van mishandeling en baie mense weet nie hoe om dit te hanteer nie. Indien jy ander mishandel, stop onmiddellik. As jy die slagoffer van mishandeling is, laat die woorde van die Bybel jou lei om te besluit hoe jy hierdie verhouding met die oortreder moet hanteer. As jy in gevaar verkeer, moet jy onmiddellik uit die situasie wegkom. As jou mishandeling nie lewensgevaarlik is nie, of as dit iets uit die verlede is waarmee jy sukkel, neem tyd om te mediteer oor wat die Woord van God oor hierdie onderwerp sê.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Geen persoon het dit ooit verdien om mishandel te word nie. God het jou innig lief en sy begeerte vir jou is om jou te omring met liefde en omgee. Geen fout, geen tekortkoming en geen misverstand moet ooit met fisieke, seksuele of emosionele mishandeling opgelos word nie. Hierdie 7-dae leesplan sal die grondslag lê vir die begrip dat God liefde, vrede en gemak vir elke persoon begeer.
More
We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church