Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

God se seëninge val soos sy reën, op beide bose en goeie mense. Die groot seëninge van gesondheid, genialiteit en voorspoed, kom alles vanuit sy oorvloedige genade, en nie weens die toestand van die ontvangers se karakter nie. Byvoorbeeld, as gesondheid 'n teken was dat 'n mens se saak met God reg is, sal ons verward wees oor wat 'n goeie karakter is, want baie slegte mense geniet goeie gesondheid.
Daar is 'n verskil tussen omgewing en omstandighede. Elke mens het sy eie omgewing; dit is daardie deel van sy omstandighede wat sy ingesteldheid pas. Ons maak elkeen ons eie omgewing, want ons persoonlikhede doen dit vir ons. Geluk beteken dus dat ons net daardie dinge uit ons omstandighede kies wat ons gelukkig sal hou. Dit is die groot basis van valse Christenskap. Nêrens praat die Bybel van 'n "gelukkige" Christen nie; dit praat wel oorvloediglik van vreugde. Geluk hang van dinge af wat gebeur. Vreugde word nooit deur eksterne omstandighede geraak nie.
Oordenkingsvrae: Hoe beïnvloed teëspoed my vreugde? Meet ek God se liefde vir my aan sy seëninge wat hy aan my gee?
Aanhalings uit: "God’s Workmanship" en "The Shadow of an Agony", © Discovery House Uitgewers

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. Soos hy jou met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid inspireer en uitdaag, sal jy vind dat jy meer tyd wil afstaan om met God te kommunikeer.
More
We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org
Verwante Leesplanne

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

Nuwe Jaar, Nuwe Genade

Beter Tesame

Glo God Is Goed — Ongeag

Span Jou Tyd In Vir God

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus

Bid Vir Jou Olifant - Bid Moedige Gebede