Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 12 VAN 30

Alles wat nou donker en duister is, sal eendag helder en duidelik wees. Geen wonder dat God ons aanraai om geduldig te wees nie. Bietjie-vir-bietjie sal alles aan die lig gebring word totdat ons verstaan ​​soos Jesus Christus verstaan ​​het. Die hele ewigheid sal bestaan uit begrip en kennis van God, en dank God, ons kan begin om Hom hier te leer ken. Die heilige lewe beteken dat ons God begin verstaan ​​en dat die lewe van die Seun van God in ons sterflike vlees openbaar word.

Elke bietjie kennis wat ons van God het, vul ons met onuitspreeklike vreugde. As ons God enigsins verstaan, sal ons iets van die blydskap wat Jesus gehad het, begryp. Dit is 'n wonderlike besitting, dit is die ware karaktereienskap van Jesus.

Oordenkingsvrae: Geniet ek God se langsame openbaring of raak ek ongeduldig? As God nie haastig is nie, hoekom is ek? Hoe kan ek kennis geniet as ek nie ontdekking geniet nie?

Aanhalings uit: "Our Brilliant Heritage", © Discovery House Uitgewers
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. Soos hy jou met sy eenvoudige en direkte Bybelse wysheid inspireer en uitdaag, sal jy vind dat jy meer tyd wil afstaan om met God te kommunikeer.

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org