SAGARIA 10:6
SAGARIA 10:6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Ek sal die mense van Juda sterk maak, maar Ek sal ook die mense van Israel, die nageslag van Josef, help. Ek sal hulle laat terugkom, Ek sal weer goed wees vir hulle. Dit sal lyk of Ek hulle nooit gelos het nie. Ek sal dit doen, want Ek is hulle God die Here. Ek sal luister na hulle gebede.
SAGARIA 10:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal die huis van Juda sterk maak en aan die huis van Josef hulp verleen en hulle 'n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is die HERE hulle God, en Ek sal hulle verhoor.
SAGARIA 10:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal Juda sterk maak, Ek sal Josef red. Ek laat hulle terugkom, want Ek is jammer vir hulle. Dit sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie. Ek is die Here hulle God en Ek het hulle gebede verhoor.
SAGARIA 10:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Ek sal die huis van Juda sterk maak, en die huis van Josef sal Ek verlos. Ek sal hulle laat terugkom omdat Ek My oor hulle ontferm. Hulle sal wees asof Ek hulle nooit verwerp het nie, want Ek is die HERE hulle God, en Ek sal hulle verhoor.
SAGARIA 10:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal die huis van Juda versterk en die huis van Josef red en hulle terugbring om hulle te vestig; want Ek ontferm My oor hulle, en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie; want Ek is die HERE hulle God, en Ek sal hulle verhoor.
SAGARIA 10:6 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: “Ek sal Juda wat in die suidelike deel van Palestina bly, weer sterk maak. Israel wat in die noorde van die land woon, sal Ek red. Ek sal hulle na hulle land toe laat terugkom omdat Ek hulle liefhet. Dit sal wees of Ek hulle nooit van My af weggestoot het nie. Ek is die Here hulle God wat antwoord gee op die gebede wat hulle gebid het.