TITUS 2:11-12
TITUS 2:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Almal moet reg lewe, want God het vir ons kom wys dat Hy genadig is en dat Hy al die mense wil red. Hy leer vir ons om die verkeerde dinge te los en ook die dinge van die wêreld wat ons graag wil doen. Hy leer vir ons om verstandig en regverdig te lewe. Ja, dan sal ons kan lewe soos God wil hê dat mense in hierdie wêreld moet lewe.
TITUS 2:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe
TITUS 2:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe
TITUS 2:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die verlossende genade van God het verskyn vir alle mense, en voed ons op, sodat ons in hierdie bedeling verstandig en regverdig en godvresend kan leef, deur goddeloosheid en wêreldse begeertes te verwerp
TITUS 2:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die genade van God wat redding bring, het aan alle mense verskyn, en leer ons dat ons, deur die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, nugter, regverdig en godvrugtig in hierdie huidige wêreld moet lewe
TITUS 2:11-12 Die Boodskap (DB)
God het sy goedheid aan alle mense bekendgemaak. Almal het nou die kans om sy verlossing te beleef. Nou wys Hy vir ons hoe om ’n Godlose leefstyl te systap en hoe om vernietigende begeertes te laat staan. Hy laat ons met wysheid en opregtheid leef. Hy laat ons elke dag tot sy eer in die wêreld leef.
TITUS 2:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef.