HOOGLIED 2:4-16
HOOGLIED 2:4-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy vat my saam na ’n banketsaal toe. Sy liefde vir my is duidelik vir almal. Laaf my met rosyntjies, gee appels om my te verfris, want ek het flou geword van die liefde. Sy linkerarm is onder my kop. Met sy regterarm omhels hy my. “Sweer vir my, vroue van Jerusalem, by die ribbokke en die wilde takbokke dat julle nie die liefde sal aanblaas voordat die tyd daarvoor ryp is nie. “Luister, daar kom my liefling! Hy huppel oor die berge, hy wip oor die heuwels. My liefling is soos ’n ribbok. Hy is soos ’n takboklam. Kyk, daar staan hy agter die huis se muur. Hy kyk deur die venster. Hy loer deur die hortjies. “My liefling sê vir my: ‘Staan op, my mooi beminde. Kom saam met my! Die winter is verby, die reën is oor. Die wêreld is vol bloeisels. Die tyd het gekom om te sing. Hoor hoe koer die tortelduiwe die hele land vol. Die vroeëvye begin swel, die botsels in die wingerde versprei hulle geur. Staan op, my beeldskone beminde. Kom hier na my toe!’” “My duif kruip vir my weg êrens in die klipskeure, iewers in ’n skuilplek teen die kranse. Laat ek sien waar jy is! Laat ek hoor waar kruip jy weg! Jou stem is so mooi en jou gesig is pragtig.” “Gou! Vang vir ons die jakkalse! Dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, terwyl die wingerde al bot.” “My liefling behoort net aan my en ek is net syne. Hy laat sy skape daar tussen die lelies wei
HOOGLIED 2:4-16 Bybel vir almal (ABA)
Sy sê: “Hy het my geneem na 'n plek waar ons kon feesvier, hy het vir my gewys dat hy lief is vir my. Jy moet vir my rosyntjies gee om my sterk te maak, jy moet vir my appels gee, sodat ek nuwe krag kan kry, want ek het swak geword van liefde. Sy linker-arm is onder my kop, sy regter-arm is om my lyf. Vroue van Jerusalem, julle moet vir my belowe, en die gaselle en die takbokke in die veld moet die getuies wees, julle moet belowe dat julle ons nie sal wakker maak en nie sal pla nie. Ons is lief vir mekaar en ons sal self besluit wat om te doen.” Sy sê: “Ek hoor die man vir wie ek lief is, kyk daar, hy kom, hy gaan teen die berge op, hy spring oor die heuwels. Die man vir wie ek lief is, is soos 'n gasel, soos 'n jong takbok. Kyk daar, hy staan anderkant ons muur, hy kyk deur die vensters, hy loer deur die tralies. Die man vir wie ek lief is, begin praat, hy sê vir my: ‘My liefste, my mooiste, jy moet opstaan, jy moet kom. Want kyk, die winter is verby, dit reën nie meer nie. Daar is weer blomme in die veld, dit is nou die tyd om te sing, ek hoor die duiwe koer in ons land. Die vyeboom laat sy vye groot word, jy kan ruik dat die wingerdstokke blomme kry. My liefste, my mooiste, jy moet opstaan, jy moet kom. Jy is soos 'n duif tussen die rotse, 'n duif wat wegkruip teen die hoë rotse, ek wil jou sien, ek wil jou hoor, jou stem is mooi en jy is mooi.’ ” Sy sê: “Julle moet vir ons die jakkalse vang, die klein jakkalsies wat aan die wingerdstokke vreet, ons wingerdstokke wat nou begin blomme kry. Die man vir wie ek lief is, is myne, en ek is syne, hy is soos 'n takbok wat wei tussen die blomme
HOOGLIED 2:4-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het my in die wynhuis ingebring, en sy vaandel oor my was die liefde. Versterk my met rosynekoeke, verkwik my met appels, want ek is krank van liefde. Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels. Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie. Hoor, my beminde, kyk, daar kom hy! Hy spring oor die berge, hy huppel oor die heuwels. My beminde lyk soos 'n gemsbok of soos 'n jong takbok. Daar staan hy agter ons muur! Hy kyk deur die vensters in, hy speur deur die tralies heen. My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog! Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan. Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land. Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog! My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik. Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei. My beminde is myne, en ek is syne wat herder is onder die lelies.
HOOGLIED 2:4-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy vat my na 'n feesplek toe; hy straal van liefde vir my. Julle moet vir my rosyntjies gee om my sterk te maak, julle moet my met appels verfris, want die liefde verteer my. Sy linkerarm is onder my kop, sy regterarm omhels my. Vroue van Jerusalem, ek smeek julle en ek roep die ribbokke en die takbokke in die veld tot getuie: moenie die liefde wakker maak en aanvuur voor die tyd daarvoor ryp is nie. “Luister, daar kom die man wat ek liefhet! Hy spring oor die berge, hy wip oor die rante. Die man wat ek liefhet, maak soos 'n ribbok, soos 'n takboklam. Kyk, daar staan hy agter ons huis se muur, hy kyk by die venster in, hy loer deur die latwerk! Die man wat ek liefhet, praat, hy sê vir my: ‘Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe! Kyk, die reëntyd is verby, die reën is oor, dis weg. Daar is bloeisels in die veld, dit het tyd geword om te sing; die tortelduif se stem klink oor ons land. Die voorvye kom al uit, die wingerde bot en versprei hulle geur. Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe! My duif in die klipskeure, in die skuilplek teen die krans, wys my jou gesig, laat hoor my jou stem. Jou stem is strelend, jou gesig lieflik.’ “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot. “Die man wat ek liefhet, is myne, en ek syne. Hy laat sy skape tussen die lelies wei
HOOGLIED 2:4-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy neem my na 'n wynhuis onder die vaandel van liefde. Verfris my met rosyntjies, verkwik my met appels, want ek is siek van liefde. Sy linkerarm is onder my kop, sy regterarm omhels my. Meisies van Jerusalem, ek besweer julle by die ribbok- en takbokooie van die veld: Moenie die liefde aanwakker nie, moet dit nie opwek nie, voordat dit nie self wil ontwaak nie. Luister! My liefste! Kyk! Daar kom hy, al bokspringend oor die berge, al huppelend oor die heuwels! My liefste is soos 'n ribbok, soos 'n jong rooitakbok. Kyk! Hy staan agter ons huismuur, hy kyk by die vensters in, hy loer deur die latwerk. My liefste antwoord my, hy sê vir my: “Staan op, my liefling, my mooiste, en kom! Want kyk, die winter het verbygegaan, die reën is verby, dit het opgeklaar. Die veld staan in die blom. Die tyd om te sing het aangebreek, die gekoer van die tortelduiwe klink op in ons land. Die vyeboom laat sy groen vye uitswel, die wingerd bot en versprei sy geur. Staan op, my liefling, my mooiste, en kom! My duif in die rotsskeure, in die skuilplekke teen die bergkrans – laat my jou gesig sien, laat my jou stem hoor, want jou stem is soet en jou gesig is pragtig.” Vang vir ons die jakkalse – die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat bot. My liefste is myne en ek is syne, hy wat tussen die narsings wei.
HOOGLIED 2:4-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het my na die feeshuis gebring, en sy banier oor my was liefde. Hou my met vlerke, vertroos my met appels, want ek is siek van liefde. Sy linkerhand is onder my hoof, en sy regterhand omhels my. Ek besweer julle, o dogters van Jerusalem, by die gemsbok en by die takbokke van die veld, dat julle nie my liefde opwek of opwek totdat dit hom behaag nie. Die stem van my geliefde! kyk, Hy kom springend op die berge, springend op die heuwels. My beminde is soos 'n gemsbok of 'n jong takbok: kyk, hy staan agter ons muur, hy kyk uit na die vensters en wys homself deur die traliewerk. My beminde het gespreek en vir my gesê: Staan op, my liefling, my skone, en kom weg. Want kyk, die winter is verby, die reën is verby en verby; Die blomme verskyn op die aarde; die tyd van die gesang van die voëls het aangebreek, en die stem van die skilpad word gehoor in ons land; Die vyeboom laat sy groen vye voort, en die wingerde met die sagte druiwe gee 'n goeie reuk. Staan op, my liefling, my skone, en kom weg. O my duif, wat in die rotskloven is, in die skuilplekke van die trappe, laat my u aangesig sien, laat my u stem hoor; want soet is jou stem, en jou aangesig is lieflik. Vat vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies, wat die wingerde buit, want ons wingerde het sagte druiwe. My beminde is myne, en ek is syne; hy voed onder die lelies.
HOOGLIED 2:4-16 Die Boodskap (DB)
Hy het my na ’n feesplek toe gevat en almal kon sien hoe lief hy my het. Ek is uitgeput van al die baie liefhê. Bring vir my rosyntjiebrood en appels, dat ek gou weer kan sterk word. Sy linkerarm is onder my kop terwyl sy regterarm my vasdruk en omhels. Vroue van Jerusalem, sweer by die ribbok en die takbok dat julle nie die liefde sal wakker maak nie tot dit tyd is daarvoor. Luister mooi. Daar ver klink my liefling se stem. Hy is op pad na my toe; hy hardloop oor die berge en gly oor die heuwels. My liefling is so rats soos ’n jong bokkie en so vlug soos ’n takbok. Hy staan al langs die muur by die venster en kyk deur die traliewerk na binne. Staan op, my liefste, en kom saam met my. Die winter is weg en al die reëns is verby. Oral staan die veldblommetjies in bloei en oral begin die voëls sing. Selfs die tortels hoor ’n mens al koer. Die eerste vye is ryp en die eerste trossies hang in die wingerd. Oral is daar net die geur van wingerd en van veld. Kom, my liefste, staan gou op en kom saam met my. Jy is soos ’n duifie wat in ’n rotsskeur skuil. Laat my gou weer net jou gesiggie sien en jou stemmetjie hoor. Hoe lieflik is die klank van jou stem tog, en hoe mooi jou gesig. Vang die klein jakkalsies, vang hulle gou voor hulle die wingerd van ons liefde verwoes. My liefling is myne en ek is syne. Hy is weer weg om sy vee tussen die lelies te laat wei.