HOOGLIED 2:10-13
HOOGLIED 2:10-13 Bybel vir almal (ABA)
Die man vir wie ek lief is, begin praat, hy sê vir my: ‘My liefste, my mooiste, jy moet opstaan, jy moet kom. Want kyk, die winter is verby, dit reën nie meer nie. Daar is weer blomme in die veld, dit is nou die tyd om te sing, ek hoor die duiwe koer in ons land. Die vyeboom laat sy vye groot word, jy kan ruik dat die wingerdstokke blomme kry. My liefste, my mooiste, jy moet opstaan, jy moet kom.
HOOGLIED 2:10-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog! Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan. Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land. Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!
HOOGLIED 2:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die man wat ek liefhet, praat, hy sê vir my: ‘Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe! Kyk, die reëntyd is verby, die reën is oor, dis weg. Daar is bloeisels in die veld, dit het tyd geword om te sing; die tortelduif se stem klink oor ons land. Die voorvye kom al uit, die wingerde bot en versprei hulle geur. Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe!
HOOGLIED 2:10-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My liefste antwoord my, hy sê vir my: “Staan op, my liefling, my mooiste, en kom! Want kyk, die winter het verbygegaan, die reën is verby, dit het opgeklaar. Die veld staan in die blom. Die tyd om te sing het aangebreek, die gekoer van die tortelduiwe klink op in ons land. Die vyeboom laat sy groen vye uitswel, die wingerd bot en versprei sy geur. Staan op, my liefling, my mooiste, en kom!
HOOGLIED 2:10-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My beminde het gespreek en vir my gesê: Staan op, my liefling, my skone, en kom weg. Want kyk, die winter is verby, die reën is verby en verby; Die blomme verskyn op die aarde; die tyd van die gesang van die voëls het aangebreek, en die stem van die skilpad word gehoor in ons land; Die vyeboom laat sy groen vye voort, en die wingerde met die sagte druiwe gee 'n goeie reuk. Staan op, my liefling, my skone, en kom weg.
HOOGLIED 2:10-13 Die Boodskap (DB)
Staan op, my liefste, en kom saam met my. Die winter is weg en al die reëns is verby. Oral staan die veldblommetjies in bloei en oral begin die voëls sing. Selfs die tortels hoor ’n mens al koer. Die eerste vye is ryp en die eerste trossies hang in die wingerd. Oral is daar net die geur van wingerd en van veld. Kom, my liefste, staan gou op en kom saam met my.
HOOGLIED 2:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“My liefling sê vir my: ‘Staan op, my mooi beminde. Kom saam met my! Die winter is verby, die reën is oor. Die wêreld is vol bloeisels. Die tyd het gekom om te sing. Hoor hoe koer die tortelduiwe die hele land vol. Die vroeëvye begin swel, die botsels in die wingerde versprei hulle geur. Staan op, my beeldskone beminde. Kom hier na my toe!’”