ROMEINE 4:1-3
ROMEINE 4:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Wat het gebeur met Abraham, die voorvader van die Jode? As die dinge tussen Abraham en God reg was omdat Abraham die regte dinge gedoen het, dan kon Abraham trots wees op homself wanneer hy by mense is, maar nie wanneer hy voor God staan nie. Want in die Ou Testament is geskryf: Abraham het God geglo, en God het hom vrygespreek van sy sonde.
ROMEINE 4:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WAT sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry? Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie. Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
ROMEINE 4:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat moet ons nou sê was die geval met ons stamvader Abraham? As Abraham op grond van sy dade vrygespreek is, dan het hy 'n rede gehad om te roem. Maar nie by God nie! Wat sê die Skrif? “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.”
ROMEINE 4:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat sal ons dan sê het Abraham, ons stamvader na die liggaam, verkry? As Abraham inderdaad op grond van sy dade regverdig verklaar is, het hy rede om hom daarop te beroem. Maar nie voor God nie. Want wat sê die Skrif? “Abraham het God geglo, en God het sy geloof vir hom as regverdiging gereken.”
ROMEINE 4:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat sal ons dan sê wat ons vader Abraham, wat die vlees betref, gevind het? Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy daarvan om te roem; maar nie voor God nie. Want wat sê die Skrif? Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
ROMEINE 4:1-3 Die Boodskap (DB)
Kom ons kyk gou na Abraham, ons almal se pa in die geloof. As hy deur God vrygespreek is omdat hy so verskriklik gehoorsaam was, het hy mos ’n rede gehad om homself op die skouer te klop. Maar God het hom nie oor sy gehoorsaamheid vrygespreek van sy sondes nie. Die Bybel sê immers: “Abraham het in God geglo. Daarom was sy saak met God in orde.”
ROMEINE 4:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Abraham is ons aardse voorvader. Hoe pas hy in hierdie prentjie van vryspraak deur die geloof? Was dit op grond van sy goeie werke dat God hom vrygespreek het? As dit inderdaad so was, sou hy dalk goeie rede gehad het om te spog. Maar vanuit God se oogpunt het hy absoluut niks gehad om oor te spog nie. Die Skrif verklaar mos: “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.”