ROMEINE 16:1-2
ROMEINE 16:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek beveel ons suster Febe by julle aan, wat 'n dienares in die •gemeente van Kenchreë is. Ontvang haar in die Here, soos dit die •heiliges betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy julle nodig mag kry. Sy was 'n ware weldoener vir baie mense, en ook vir my.
ROMEINE 16:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons suster Febe sal julle binnekort besoek. Ek beveel haar sterk by julle aan. Sy doen dienswerk in die gemeente van Kengreë. Ontvang haar by julle op ’n manier wat by Christene pas. Wees vir haar beskikbaar en help haar in alles wat sy dalk nodig kry. Sy is ’n staatmaker wat al baie gelowiges ondersteun het – ook vir my.
ROMEINE 16:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Febe is een van die gelowiges en sy is 'n diaken van die kerk in die stad Kenchreë. Julle kan haar vertrou. Sy behoort aan die Here en daarom moet julle haar welkom laat voel soos julle almal welkom laat voel wat aan die Here behoort. Julle moet ook vir haar help en vir haar alles gee wat sy nodig het, want sy het vir baie ander mense gehelp. Sy het ook vir my gehelp.
ROMEINE 16:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EK beveel by julle aan ons suster Fébé, wat 'n dienares is van die gemeente in Kenchréë, dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie 'n beskermster en ook vir my.
ROMEINE 16:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek beveel ons suster Febe wat dienaar is in die gemeente in Kenchreë, by julle aan. Ontvang haar soos dit mense wat in die Here glo, betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy julle hulp nodig kry, want sy was vir baie, en ook vir my, tot steun.
ROMEINE 16:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek beveel ons suster Phebe aan, wat 'n dienaar is van die gemeente wat in Kenchrea is, by jou aan. Dat julle haar in die Here ontvang soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in alles wat sy van julle nodig het, want sy was 'n hulp van baie en ook van myself.
ROMEINE 16:1-2 Die Boodskap (DB)
Febe, die dienende leier van die kerk in Kenchreë, een van die hawens van Korinte, is op pad daar na julle toe. Ontvang haar asseblief vriendelik in die Naam van die Here. Maak julle harte en julle huise vir haar oop, soos dit mos by gelowiges pas. Febe het in die verlede al aan baie mense goed gedoen. Sy was selfs ook my weldoener. Daarom vra ek dat julle haar tog asseblief op die hande moet dra.