ROMEINE 12:19
ROMEINE 12:19 Bybel vir almal (ABA)
Liewe vriende, wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle nie self vir hulle straf nie. Julle moet wag, God sal hulle straf, want in die Ou Testament is geskryf: Die Here sê: Dit is Ék wat mense sal straf oor wat hulle verkeerd gedoen het.
ROMEINE 12:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
ROMEINE 12:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here.
ROMEINE 12:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geliefdes, moet julle nie wreek nie, maar laat ruimte vir die oordeel. Daar staan immers geskryf: “Aan My kom die wraak toe; Ek sal vergeld,” sê die Here.
ROMEINE 12:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geliefdes, moenie julleself wreek nie, maar gee plek vir die toorn, want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe; Ek sal vergeld, spreek die Here.